Die Suid-Afrikaaans-gebore ruimte-entrepreneur, Elon Musk, het hom groot kritiek op die hals gehaal toe hy tydens Stephen Colbert se The Late Show op Amerikaanse TV gesê het Mars se klimaat kan gou meer ondersteunend vir menslike besetting gemaak word.
Volgens Musk moet kern-hittebomme oor Mars se pole ontplof word. Dit sal die waterdamp, wat geys vasgevang is, in die atmosfeer vrylaat, en deur ‘n rits gevolge die instandhouding van oseane moontlik maak.
Wetenskaplikes het gou gereageer deur te sê so ‘n uitkoms is nie seker nie. In die ergste scenario kan soveel stof opgeskop word dat dit die sonstrale heeltemal uitsluit en die planeet nog kouer word.
Ander metodes is ook reeds voorgestel, maar dit blyk heelwat stadiger prosesse te behels, en word boonop ook as verregaande beskryf.
Lees meer: Christian Science Monitor
Musk maak die uitlating tydens hierdie uitsending:
Wel, mens kry mos maar snaakse idees of hoe? Hoe slim is Elon rerig om 100% te weet of dit sal werk wat hy voorstel?
Dalk net so slim soos die eerste ou wat in n vliegtuig geklim het.
Vir ñ vêrregaande idee, het die mannetjie darem al baie realistiese resultate bereik. Op die stadium laat hy die Openheimers en Ruperts na huiskuikens lyk. Die duiwel lê egter in die implimentasie van sy idees.
Duiwel? Asseblief?