Gorilla doodgeskiet: ‘Dieretuin het reg besluit,’ meen kenner

Amanda O'Donoughue saam met 'n Gorilla in 2009. Foto: Facebook/Amanda O'Donoughue

Amanda O’Donoughue saam met ‘n Gorilla in 2009. Foto: Facebook/Amanda O’Donoughue

ʼn Herrie het losgebars nadat die gorilla Harambe doodgeskiet is in die Cincinnati-dieretuin in Amerika toe ʼn driejarige seuntjie in sy hok geval het.

Baie mense het daarna hul misnoeë uitspreek oor die feit dat die gorilla doodgeskiet moes word, en dat die dieretuin nie eerder verdowing gebruik het nie.

Amanda O’Donoughue van Tallahassee, Florida, wat as bewaarder by ʼn dieretuin gewerk en ook baie ondervinding met gorillas het, meen die dieretuin het reg opgetree. O’Donoughue het ʼn lang inskrywing op haar Facebook-blad gemaak om te verduidelik waarom die dieretuin nie ʼn ander keuse gehad het nie.

Sy meen hoewel gorillas ʼn sagte geaardheid het, word hulle steeds saam met diere soos leeus, tiere en bere as baie gevaarlik geklassifiseer. “Gorillas is gaaf, nuuskierig en soms laf, maar hulle is baie groot en sterk. ʼn Gorilla is ongeveer so sterk soos tien volwasse mense. Selfs bewaarders kom nooit in kontak met hulle nie en daar is altyd ʼn versperring tussen die bewaarder en die gorilla.”

O’Donoughue sê sy het fyn na die video gekyk en dat die gorilla se liggaamstaal duidelik daarvan getuig het dat hy nie besig was om die seun te beskerm nie, soos talle mense aangevoer het.

“ʼn Gorilla se werk is om die groep op te pas – wanneer hy bedreig voel, sal hy die bedreiging probeer intimideer. Manlike gorillas gebruik veral vertoningstegnieke om die bedreiging af te skrik – hulle sal groot takke rondsleep, swaar voorwerpe rondgooi of neerslaan om soveel moontlik geraas te maak. Ek glo Harambe (die gorilla) het na die seun (se arms en hande) uitgereik om homself beter te vertoon. Dis baie duidelik dat die mense se gille hom geïrriteer het.”

Volgens O’Donoughue was die kans baie skraal dat die gorilla die seun sommer van self sou los sonder om hom seer te maak. Sy noem ook dat dit dalk nie die gorilla se bedoeling was om seer te maak nie, maar dat sy krag en grootte teen hom tel.

“Die bewaarders het die gorillas nadergelok met lekkernye. Al die ander gorillas het nadergekom, maar Harambe wou nie beweeg nie,” het sy verduidelik. “Hulle het ook nie kalmeermiddels gebruik nie, want dit sou te lank neem om die gorilla te immobiliseer. Die kind kon ook baie seer kry omdat mens nie sou weet hoe die gorilla sou reageer het as hy met ʼn doofpyl geskiet word nie. Harambe kon ook moontlik verdrink het indien hulle dit sou regkry om hom te verdoof en hy in die stroom beland het. Hy kon ook moontlik op die kind geval het en die kind sou sodoende ook verdrink het of vasgekeer wees onder Harambe.”

Volgens O’Donoughue het baie dieretuine ʼn span wat opgelei is om pylgewere te gebruik en dat hulle die situasie sal evalueer en dan besluit of die dier verdoof kan word.

“Ek kan nie ʼn vinger na iemand wys nie, maar daar moet na diere se hokke gekyk word en hoe veilig die hokke vir besoekers is.” Sy voeg by daar moet geen moontlikheid wees vir iemand om van die besoekers se kant in die hok te kom nie.

“Een ding is gewis, daardie bewaarders het ʼn pragtige dier en vriend verloor en ek treur saam met hulle. As opvoeders en bewaarders van bedreigde spesies moet ons mense inlig oor dié pragtige diere en ons daarvoor beywer dat hulle nie vir altyd verdwyn nie.

Die Cincinnati-polisie het bevestig hulle stel ondersoek in wat betref die optrede van die ouers en familie van die driejarige seuntjie. Die dieretuin voer aan die kind moes oor ʼn heining geklim en deur bosse gekruip het voor hy in die gorilla se hok beland het. Owerhede het bevestig die seun is drie jaar oud en nie vier jaar soos daar aanvanklik beweer is nie.

Lees vorige berigte oor Harambe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Louise ·

hoekom Moet n dier die prys betaal Vir ouers Wat Nie Kyk Waar hulle kind is nie ! dis baie hartseer en maak my kwaad want dis net so goed Jy is Kruger en jou kind dwaal weg en n wildehond kry hom beet wie se skuld is Dit Dan nou Moet die wildehond die prys betaal ??? stem Nie saam Nie jammer !! Jy Kyk mos Waar jou Klein kinders is se maar net

Charlotte ·

EK STEM SAAM MET JOU!!! DIS TRAGIES DAT DIE DIER MOES DOODGAAN OMDAT OUERS EN STOUT KINDERS NIE BINNE PERKE OPTREE NIE!!!!!!!

Paul ·

As jou kind in die Kruger wildtuin wegdwaal en wildehonde kry hom beet en die veldwagters vind hom in ‘n hond se bek terwyl hy nog leef, sal hulle ook die wildehond doodskiet.

Takkie Takuuza ·

Ag Louise regtig? Dit gaan nie oor wie se skuld dit is nie en wie die prys moet betaal nie. Dit gaan oor ‘n situasie wat beredder moes word. Die lewe is nie regverdig nie, deal with it. Of moes die kind maar die prys betaal het oor hy met die Gorillas wou gaan speel?

Paul ·

Die gorilla is ‘n skaars en waardevolle dier en kan nie betaal vir swak ouerskap nie.

Antimens ·

HOE WEET JY DIE MA HET NIE GEKYK NIE? LEES ASB TOG ANDER NUUS BERIGTE BEHALWE DIT WAT JY HIER IN SA KRY.

Antimens ·

Ek sê maar net…. jy het seker nie kinders nie of as jy het was jy seker een van daai uiters gelukkig mense wie se kleuter uitgereik is met ‘n GPS en die sin van verantwoordelikheid van ‘n volwassene. Wow jou lucky bugger

Tina du Toit ·

Is daai kind nou 3 jaar of 4????. Sy ouers moes na hom gekyk het en die veiligheid moet so wees dat geen kind op kraai in daardie kamp kan kom nie. `n Prag dier is dood oor ouers nalatig was. Ek hoop hulle word aangekla, want my hart is vrek seer.

Landi Slatter ·

Dagsê Tina

Dankie vir jou navraag. Die polisie in Cincinnati het intussen bevestig die seuntjie is drie jaar oud, ondanks vorige berigte dat hy vier jaar oud is.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

lizzy ·

Maroela is die kind nou 3 of 4 jaar oud? In die begin van die berig Lees ek hy is 4 aan die einde se hul hy is 3?

Landi Slatter ·

Dagsê Lizzy

Dankie vir jou navraag. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die berig. Die polisie in Cincinnati het intussen bevestig die seuntjie is drie jaar oud, ondanks vorige berigte dat hy vier jaar oud is.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Gesiggie ·

Glo my.. ek sou ook mal geraak het as dit my kind was, en n Gorilla was besig om hom/haar rond te sleep… maar ek stem nogsteeds nie saam dat die arm dier dood geskiet moes word… daai kind se ouers moes toesien dat hy nie afdwaal… verdowing kon dalk n ander uitwerk op hom gehad het.. maar teminste sou hy n bietjie meer kalm gewees het… en kon die ouers die kind bevry;;en was die Gorilla nog lewendig…want as so iets weer gebeur, gaan die dier weer geskiet moet word… vir my het dit op n staduim gelyk of die Gorilla die kind wil beskerm… dit is hartseer, ek is bly die kind is ok…. maar nou is Harambe se lewe daarmee heen..

Paul ·

Watter kennis het jy oor watter uitwerking verdowingspyle op ‘n dier het? Klink my jy dink dit werk soos in die flieks waar die diere sommer net so vinnig mooi aan die slaap raak.
Maar ja, mense dink mos altyd hulle weet beter as ander mense wat die tipe goed vir ‘n daaglikse werk doen.

Paul ·

So waar het hierdie dier gehoort, Wilma? Hy is in Texas gebore. Moes hulle hom in die Demokratiese Republiek van die Kongo gaan los het in sy natuurlike habitat? Daar sou hy mos veilig wees, want niemand daar skiet ooit enige gorillas nie… O nee wag…
Mens kan nie natuurbewaring doen op grond van dit wat Disney-fliek styl “diereliefhebbers” wil hê nie.
Glo my, die wilstroper in die DRK gaan nie jou kommentaar op Maroela lees en dan besluit om nooit weer ‘n gorilla in die bos te skiet nie!

Justa ·

Maak alle vervlakste dieretuine toe en dit geld vir sirkusse ook. Diere hoort wild. In meeste dieretuine word daar nie behoorlik na die diere omgesien nie en in sirkusse word hulle mishandel.

Bianca ·

My hart is stukkend vir die bees en skaap wat keel afgesny is sodat julle n stukkie vleis kon eet.
Kinders is kinders. hulle is besig en binne n oogwink onder n mens se oe uit. veral op daardie ouderdom. Hoe het die kind in die hok gekom. sy ma het hom seker oorgegooi. want ek GLO die aanhoudings hokke is van so aard dat daar geen besoekers in hokke kan kom nie al is dit n 3 jarige kind. dit was n ongeluk wat gebeur het en ek glo as dit een van julle kinders was het jul ook gese skiet die gorilla. Hou op klippe gooi en plaas julself in daardie ouers se posisie

Rupert Ashford ·

Plaas jouself in die ouers se posisie en ook in die natuurbewaarders se posisie. Daardie besluit is nie maklik geneem nie maar dit moes gou geneem word. Onthou ons sien nie die einde van die storie op video nie.

Amori Wessels ·

As die DRK maar net die ondersteuning van die wereld kon kry oor al die Gorillas wat daagliks daar uitgemoor word (in hul natuurlike habitat), soos wat nou aan hierdie storie gegee word, kan ons nageslag dalk die voorreg he om met die pragtige diere in harmonie saam te leef.

Dit het gebeur, en daar is niks wat nou daaraan gedoen kan word nie, hoe kan mens n verskil maak om gorillas se beskerming in die natuur te verseker?

Anika ·

Dit is baie jammer dat so mooi dier moes gesterf het, en ook jammer vir die trauma wat die ouers en kind moes deurmaak. Wilde diere IS GEVAARLIK en dieretuine moet GENOEG voorsorg tref dat geen besoeker by hulle kan uitkom nie!!!

Antimens ·

Ag asb tog al julle anti kind gekke.
Dis in ‘n 3jarige se natuur om te wandel (explore). Die ma het omgedraai om die baba Sussie te troos (dis ook in babas se natuur om te huil maar ma’s moet seker hulle monde volgens julle toeplak want hey sy moet haar kinders beheer). As for die diertjie dis ‘n huge diertjie wat ‘n weerlose kind rondgesleep het en hom kon breek soos ‘n vuurhoutjie! Dit was die regte besluit en of story.

tanya ·

Die mens is nie n bedreigde spesie nie maar diere wel soos onder andere die GORRILLA!!!!!!!
Dis HOEKOM diere in hokke moet aangehou word in dieretuine en reservate omdat die mens net alles doodmaak en verwoes . Ek wonder partykeer wat die Skepper van hierdie wonderlike diere dink wanneer hy sien hoe alles wat hy geskape het net uitgewis word. Daar die Gorilla is uit sy natuurlike habitat geneem en in n kamp gedruk, want in sy natuurlike omgewing word hulle doodgemaak en nou moet n kind want nie ore het nie vir sy dood verantwoordelik wees.

Zelda ·

Die gorilla was in sy eie gemak zone. Die kind was die indringer. Nou moet die gorilla die prys betaal omdat ouers nie na die kind gekyk het nie en in die gorilla se zone in gegaan het. As mense wildtuin toe gaan dan is die mense ook in die diere se bly plek. So hulle ry rond tussen die diere . Maar as n dier in die wildtuin iemand aanval is die dier verkeerd. MAAR DIE MENSE IS IN DIE DIERE SE TERETORY. Nie die diere in die mense sin nie.

Koos ·

Hello mevrou,
Jy praat met koos by die dieretuin.
Jou kind het in die bere se hok geval toe gryp een van hulle hom
Ek kon die beer skiet maar toe dog ek jy moes agter jou kind gekyk het ja ek weet hy was net 3 jaar oud
Ongelukkig het die beer………
Simpel redinasie . Wat as ek jou moes bel?

Vickus ·

Het jou kind nog nooit iets gebreek of dalk seergekry terwyl jy net vir n rukkie weg gekyk het of met iets of iemand besig was nie ?? Ek glo nie die ouer van die 3 jarige het gestaan en toekyk terwyl die kind na die hok toe beweeg het nie. Hoekom is die hok nie toegemaak met n tipe van mesh of draad dat kinders nie kan toegang kry nie. Ek sou ook die dier geskiet het om n mens se lewe te red. Ons mense word vermoor en vermink maar daar word meer opslae gemaak oor die dood van n dier, of dit nou gorilas, renosters of leeus is. As jy dink die arme ou gorila is onodig geskiet moet jy weer dink…. gorila of mens ????

Takkie Takuuza ·

So van Disney gepraat, laat my dink aan Scar se woorde in die Lion King: “Oh I am surrounded by idiots”

Cobus ·

Ag shame.kyk na meeste mense/ouers se betrokkenheid dan weet jy hkm sulkel goed gebeur.sogenaamde redders van die onbesonnenheid van mense.Ek het meer respek vir die natuur en diere as mense.Ons vernietig teen die spoed van lig en diere probeer hul bes om te oorleef.Mense “dink” hulle het mag oor lewe en dood.Julle dag van afrekening sal kom en dan moet jy verantwoording doen.Sal dan sien wat jy sal se.
Vee het niks daar mee te doen nie want dis aan jou gegee om oordeelkundig daar mee te deel en as voedsel te die.
Hoekom eet jy dan nie die Gorilla om dan meer si te maak oor sy dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.