Goud teen kanker ingespan

Grafika: Andreus/Depositphotos

Goue nanopartikels kan ingespan word om kankergewasse meer soos deur ’n skerpskutter as deur ʼn haelgeweerskoot te teiken, volgens navorsing van die Washington State University.

Die nanopartikels word aan witbloedselle geheg, wat makliker deur die verdedigingslinie om gewasse kan kom.

Die wetenskaplikes het gewasse in die sye van muise ingeplant, en dan deur lig wat amper in die infrarooispektrum val (near-infrared light) bestraal wat inflammasie veroorsaak. Witbloedselle, bekend as neutrofiele, haas hulle dan na die toneel om die inflammasie te bestry.

Die muis word dan met goue nanopartikels, wat met teenliggaampies behandel is, ingespuit wat hulle aan die neutrofiele heg.

Wanneer die nanopartikels in die gewas is, rig die wetenskaplikes weer ligstrale wat amper op die infrarooispektrum val op die gewas. Die goue nanopartikels verhit, en maak die kankerselle van binne dood.

In die toekoms kan die nanopartikels ook chemo-produkte saamdra om die kanker selektief te bestry, sodat gesonde selle nie ook aangeval word nie.

Oorspronklike bron: WSU News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ek bid ·

Ek bid dat daar ‘n deurbraak kom teen hierdie skrikwekkende siekte wat jou eers stroop van alle menswaardigheid voordat dit jou doodmaak. Die syfer is nou EEN uit TWEE wêreldwyd wat dit het of gaan kry. Helaas té laat vir my vrou (oorlede) maar bied soveel hoop vir andere.

SARIE VAN HEERDEN ·

As ek terugdink aan die behandeling met chemo vir my man besef ek ek moes ‘n ander roete gevolg het. Chemo is NIE die suksesvolle behandeling wat hul voorgee om te wees nie want ek ken NIEMAND wie so genees is nie en ek kan jare se boekdele daaroor skryf. Die enigste keuse wat ek gehad het was om behandeling te vra wat hom nie sou naar maak of sy hare sou laat uitval nie. Ons moes net betaal wat dank de vader meeste deur Discovery gedek is. Verder, NIKS, net ‘n uitgestelde dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.