Grace Mugabe glo ‘kritiek siek’

Oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe saam met sy vrou Grace. Foto: GCIS

Mediaberigte het Dinsdag aan die lig gekom dat Grace Mugabe, voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, glo in ʼn kritieke toestand na Singapoer gevlieg is vir mediese behandeling.

ZWNews berig Grace (53) en haar man, oudpres. Robert Mugabe (95), is Sondag per staatsvliegtuig na Singapoer gehaas aangesien hulle albei in baie swak gesondheid verkeer. Aldus die berig “veg Grace om haar lewe”.

NewZimbabwe.com het intussen berig ʼn operasie in 2015 om haar blindederm te verwyder het sedertdien voortdurend vir Grace probleme gegee en dat dit die rede is hoekom sy gereeld Singapoer vir mediese behandeling moet besoek.

Die Zimbabwe Independent berig Grace het drie jaar gelede etlike weke in Singapoer deurgebring waar sy volgens gerugte ʼn operasie ter behandeling van kolonkanker gekry het. Ander regeringsbronne het aan die media beweer Grace “ervaar baie pyn” hoewel sy dit nie aan die publiek wil wys nie.

Intussen het New Zimbabwe.com berig die egpaar het pres. Emmerson Mnangagwa se inswering misgeloop weens hul gesondheidsprobleme.

Grace was glo ook in Singapoer twee weke gelede toe haar ma oorlede is. ʼn Vliegtuig is gehuur om Grace terug na Zimbabwe te neem en daar is wyd bespiegel oor wie die koste vir die vlug gedra het. ʼn Presidensiële woordvoerder het vroeër gesê “ʼn groep sakelui” het goedgunstiglik daarvoor betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

willie ·

Wat is dan fout met hul eie medies dat hulle altyd ooste toe gevlieg word vir mediese behandeling?
Is dit ons voorland in SA na die komende nasionale mediese sorg wat hulle wil instel? Verseker ja!

nehhhh ·

Kolonkanker en sy lewe 3jaar en lyk so goed????? Neverrrrrrr

Pakki ·

Bang sy moet SA toe kom om vir haar aanrandingsaak voor te kom?

braam ·

As hy jou vat ,vat hy jou ,,,,,, gelukkig kan jy dit net een keer kry

Mrs H ·

Baie moeite om by kolloniale behandeling uit te kom. Wat eens gemoor en verjaag was deur dieselfde mense wat nou smeek vir hulp… As hullr maar net toe geweet hrt wat hulle nou weet. Hoop ons SA regering maak notas.

Anoniem ·

Nee Braam daar is geen geluk aan hierdie tipe kanker nie. My suster is dood aan kolonkanker en dit is virseker niemand se speelmaat nie. Dan is daar nog mense wat se dat kanker geneesbaar is , genesing vir kanker bestaan nie in my boekie nie. Ek moes al te veel van my familielede afstaan aan die dood weens een of ander tipe kanker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.