Grace Mugabe moet opdok vir ‘onbehoorlike begrafnis’

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

Die weduwee van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe is deur ʼn tradisionele hof aangesê om vyf koeie en twee bokke weg te gee op aanklag dat sy haar man onbehoorlik begrawe het, het die familie Donderdagaand gesê.

Die hof, wat die beskuldigde nie kan dwing nie maar wie se besluite ʼn sterk simboliese impak het, het Donderdag vergader. Grace Mugabe was nie teenwoordig nie, het ʼn bron naby aan die familie gesê.

Grace word daarvan beskuldig dat sy haar man, wat in 2019 in die ouderdom van 95 oorlede is, in die erf van sy huis in Kutama, sowat 90 km wes van Harare, begrawe het.

Die tradisionele hof het in nabygeleë Murombedzi vergader met sowat 15 persone teenwoordig. Verslaggewers is nie toegelaat nie, omdat die tradisionele leier se gevolg gesê het hy wil “bietjie privaatheid hê”.

Stamhoof Zvimba, gebore Stanley Mhondoro, sê Mugabe moes begrawe word in ʼn plek wat deur sy ma of onmiddellike familie gekies is. Hy het versoek dat die liggaam opgegrawe moet word en weer begrawe moet word, volgens tradisionele gebruike.

Die huidige president, Emmerson Mnangagwa, wil hê Mugabe moet in die nasionale heldeakker naby Harare begrawe word. ʼn Familielid van die familie het egter verlede week aan die SAUK gesê dié idee is buite die kwessie vir die familie, want Mugabe het dit tydens sy leeftyd duidelik gestel dat hy nie in die heldeakker begrawe wil word nie.

Mugabe, wat Zimbabwe vir 37 jaar met ʼn ysterhand regeer het, het tot met sy laaste asem ʼn hekel gehad aan sy voormalige adjunkpresident Mnangagwa, wat die beheer van die land oorgeneem het ná Mugabe in November 2017 gedwing is om te bedank.

“Hy is nie by Grace se huis begrawe nie, maar op haar landgoed, en ons het dit as ʼn familie aanvaar,” het Mugabe se neef, Dominic Matibiri, aan AFP gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nick

Wat!!! Nie eers n skapie en n paar hoeners nie? Welkom by ons Banana Republics.

Hans

Van watse belang is die vrou nog?????

Joe Olivier

Hierdie spul lewe nog in die oertyd.

Yvonne

En wat gaan dit verander….ipv dat hulle kommer oor waar hulle siele is…tssk

JohanR

Daar is nou maar mense in die wereld wat eerder as ‘n kakkerlak gebore moes gewees het! Daai kakkerlak van ‘n man van jou is dood soe hoekom is jy nog belangrik vir die wereld! Kom SA toe dan kan jy arresteer word en hof toe gaan.