Grace Mugabe vlug glo uit Zimbabwe

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

Grace Mugabe, die Zimbabwiese presidentsvrou, het na bewering Woensdag na Namibië gevlug te midde van berigte dat die weermag glo Dinsdag beheer oor Harare, die land se hoofstad, geneem het.

Netumbo Nandi-Ndaitwah, die Namibiese minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het in ʼn verklaring gesê hoewel sy bekommerd is oor die ontvouing van gebeure in Zimbabwe, word daar steeds bevestig dat die situasie relatief kalm is.

Nandi-Ndaitwah het gesê dié situasie veroorsaak onsekerheid wat op sy beurt “nie bevorderlik is vir vrede en stabiliteit nie”.

Die Namibiese owerheid het ondanks dié gerugte nóg nie bevestig dat Grace wel in die land is nie.

Daar heers egter steeds groot onsekerheid oor presies wat aan die gang is in Zimbabwe, aangesien daar steeds ontken word dat ʼn staatsgreep plaasgevind het. Die weermag het via die staatsbeheerde media ontken dat ʼn staatsgreep uitgevoer word en gesê mense naby pres. Robert Mugabe, wat as misdadigers beskou word, word geteiken, maar die president en sy gesin is veilig.

Emmerson Mnangagwa, wat verlede week deur Mugabe as adjunkpresident afgedank is, is volgens berigte terug in Zimbabwe. Daar word beweer dat hy moontlik beheer oor die land se regering kan neem. Mnangagwa het op Twitter gesê hy is terug in Zimbabwe en gaan oor die volgende paar dae besig wees. “’n  Weermaggeleide oorgangsfase sal nou die weg baan vir ʼn vreedsame, vry en regverdige demokratiese verkiesing,” het hy gesê.

Pres. Jacob Zuma het intussen twee afvaardigings na onderskeidelik Zimbabwe en Angola gestuur in die lig van die politieke situasie wat tans in die land afspeel. Die president het die regering van Zimbabwe en die Zimbabwiese weermag aangemoedig om die politieke dooiepunt op vriendskaplike wyse op te los en het ʼn beroep op die weermag gedoen om te verseker dat die vrede en veiligheid in die land nie in gedrang gebring word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Eben ·

Ek weet nie wat die afvaardiging gaan bereik nie. Ek dink SA moet sy eie sake in orde kry en nie in meng in buurlande se sake nie.

Verward ·

Ek verstaan nie jou comment nie, Eben. Ons moet nie inmeng by buurlande nie maar ons hoop en bid dat die buiteland sal inmeng met SA….

Verward verward ·

Kommentaar is Afrikaans vir “comment”. As jy dan Afrikaans is, hoekom gebruik jy die woord “comment”, and if you are English, why don’t you beg the question in English?

Ek is moeg vir Afrikaners wat nie hulle eie taal kan praat nie. Dit grief my.

Jan ·

Goeiedag Minister Nandi-Ndaitwah is ‘n sy en nie ‘n hy nie.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Jan
Dankie vir jou kommentaar! Jy is inderdaad heeltemal in die kol – ons vra om verskoning vir die glips. Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Tiger ·

Sy moes SA toe gevlug het want hier wag ‘n “Vyfster” hotel op haar!

Eish ·

Sy is toe na ” Nambia” soos president Trump sou sê. Dit spreek boekdele dat sy nie na haar R40 miljoen se huis in die helhool gekom het nie. Onse Gerrie wag vir haar en sy weet dit!

John ·

Hou maar Saxonworld se kuierplekkies dop… mens weet nooit…

LHS ·

Ag siestog, die arme Robert en Grace………lol. Miskien moet Zim weermag as hulle daar klaar is sommer so vinnige besoekie aan S.A. ook bring.

jennefer ·

Sy is seker oppad Luanda toe. Zuma was die afgelope jaar n paar keer daar.Hy het sekerlik vir haar n plekkie opsy gesit.

Geliefd ·

Ons bid vir Zimbabwe. Dis ‘n pragtige land met goeie mense. Die mense kry al baie lank swaar. Mag God Sy hand oor die land hou en die mense beskerm.

Lion ·

(geliefd)…. Ek stem saam….sterkte Almal Van Zim
….. Mooi land ……

Daan Erasmus ·

Dit is ‘n uitstekende plan vir die ANC volgende jaar. As hul sien hul gaan verloor, laat die weermag in gryp en die misdadige elemente (DA IVP) uit die regering uit te hou.

Schalk ·

Werklik ? Stabiliteit ag nee dit is mos bog. Met die miskenning van menseregte en vergrype hoe kan die Zim burgers in vrede en stabiliteit lewe. Om vir oorlewing te veg elke dag is geensins vredevol en stabiel nie.

André Badenhorst ·

Aan al die jong en ongeskonde Namibiese jong dametjies: Ligloop!

honourable member ·

Die hele Afrika is een groot kookpot so ek weet nie regtig om daar sogenaamde stabiliteit in Zim ooit sal wees nie. Kyk hoe moor die goed mekaar uit so ja sterkte vir wie ook dink hulle gaan orde skep.

tom ·

Hoekom dink julle gaan die weermag oor die kerstyd in suid -afrika vir Des in 3 provinsies ontplooi word nadar die die DA al vir 3 jaar daarvoor gevra het HOU DIT MAAR DOP

wicus ·

TANNIE GRACE IS N DISGRACE , MAAR SY IS IN HARARE NIE NA NAMIBIE

Ina ·

Wicus is jy daar – bý haar? Lyk asof jy eerstehandse inligting het?!

Sarie ·

JZ is blitsvinnig om afvaardigings na Zimbabwe te stuur maar hy gee nie ‘n hel om wat in sy eie land aangaan nie. Hy is so aan die slaap as hy sy oe uitvee dan voer sy eie weermag ‘n staatsgreep hier in ons land ook uit. Charity begins at home JZ, Mugabe kry maar net waarna hy al baie jare soek. Ek sal my niks verbaas as Grace nog deur die Suid-Afrikaanse regering versteek word nie, haar kinders studeer ook mos hier en sy het mos huise hier

Milly ·

Jammer sy het weggekom. Jammer hul seuns nog ongedeerd in RSA. Jammer hy is veilig. Sou graag wou hê hulle moet hom so teister soos hulle met die boere daar gemaak het. Hoop die vlugtelinge gaan nou terug na waar hul hoort.

frederik ·

Wat is die waarheid oor waar sy haar bevind?
Kan iemand wat weet bevestig asb? En dit ook kan staaf?

John ·

Die SA-regering ondersteun Grace heel moontlik en dra reeds die seen van die onaantasbare heersers in Saxonworld vir ‘n groeiende Afrika-ryk. Baie meer is agter die skerms aan die gang. Zuma wat ‘n soortgelyke spel speel, sal beslis dinge probeer draai in die guns van Grace, sou hy kon. Die storie gaan ook sake in Desember beinvloed en Zuma gaan probeer seker maak dat ons weermag aan sy kant staan. Chaos sal in Zim aan die gang gehou word totdat Grace haar sin kry.

Anika ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die burgers van Zimbabwe so lank geneem het om aksie te neem, eers nou dat daar letter NIKS oorgebly het van die eens vooruitstrewende land! Noudat al die boere vermoor en verjaag is, geen voedsel, die zim doller ‘n grap is, nou draai hulle teen mekaar.

Anoniem ·

Lekker BANG né ! Nou hardloop Mevrou Mugabe weg ! Gerrie WAG VIR JOU !! Jou opsies raak al MINDER

Pieter ·

Wag nog en kyk wanneer Zuma en Malema hardloop. Hulle kan by die ou “runner” begin leer.

Trots Afrikaans ·

Ek hoop net nie sy slaan nou weer een of ander onskuldige Namibiër met ‘n elektriese koord nie.

Stuur haar terug Zim toe dat sy haar man kan staan. Sy was mos mans genoeg tot nou toe. Nou kruip sy weg. Tiepies boelie. Sy en die leier van SANU PF se jeugleier. Verlede week was hulle braag, nou staan hulle met hulle stert tussen hulle bene en ‘n bek vol tanne…..

A Mac ·

Hoop net dat al hulle buitelandse bankrekeninge gevries word sodat hulle sonder geld sit en kan voel hoe hulle hulle eie landsburgers te na gekom het.

O jittetjie ·

O jittetjie ou Grace, try jou tricks in Namibia dan sien jy vinnig die binnekant van ‘n tronk!!!!!! Ek voel ook Namibia moet haar terugstuur sodat sy haar man kan gaan staan, sy is mos ‘n sterk vrou as sy daai mikrofoon vat, koorde gryp, enige iets om mee te gooi gryp, stuur haar sy kan mos nou die weermag gryp of met van haar goue krane gooi of daai huis het soveel koorde, sy kan hul daarmee jaag.

Malva ·

Verward, verward stem saam. Afrikaans is ‘n pragtige taal, word selfs in Rusland met entoesiasme bestudeer. Net te maklik om Engelse woord te gebruik sonder om te ‘dink’. Kan my verluister aan Breyten Breytenbach se pragtige woordgebruik.

Antoinette Burger ·

Ons hoop dat indien ‘n stabiele regering daar tot stand kom, ons al hulle misdadige elemente wat hulle gruweldade in ons mooi land kom pleeg sal terugstuur waar hulle moontlik die straf sal kry wat hulle verdien. Ongelukkig het misdadigers hier meer voorregte as slagoffers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.