Gratis fliek en swem vir haweloses teen erge hitte

Argieffoto

Argieffoto

Die stad Melbourne in Australië sal gratis toegang na flieks en swembaddens aan hawelose mense verskaf om verligting vir hulle te bied tydens ʼn hittegolf.

Toegang na vyf swembaddens in die stad sal tot 31 Maart gratis wees vir hawelose persone in die stad, berig The Guardian. Komplimentêre fliekkaartjies sal ook op baie warm dae uitgedeel word en hawelose sentra sal na-ure oopbly om verligting teen die hitte te bied.

Daar is na raming 1 343 hawelose mense in Melbourne en 142 slaap in die middestad. Daar is nagenoeg 22 000 hawelose mense in Victoria. Altesaam 167 mense is in Januarie 2014 in Victoria dood weens hitte-uitputting.

Lees die volledige berig in The Guardian.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mona Dreyer ·

Die man waag baie. ‘N wilde dier of reptiel bly gevaarlik. Ek sal dit nooit gewaag het met my kinders of kleinkinders nie.

Tom Theron ·

Hierdie berig se opskrif is so dubbelsinning dat dit geen waarde het nie. Dit kan enige van die volgende beteken:
– ‘n gratis fliek en swem geleentheid ten behoewe van haweloses. Die organiseerders is gekant teen erge hitte.
– die geleentheid is ten behoewe van haweloses wat gekant is teen erge hitte
– die geleentheid is net vir haweloses wat gekant is teen erge hitte

Ek lees gewoonlik opskrifte en besluit dan watter berigte nuuswaardig genoeg is om te lees. Hierdie een het my heeltemal gestonk.

pop ·

Ag Tom!!!!!Besef jy dat ander mense jou jammer kry. Maroela ons het verstaan wat bedoel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.