Griekeland wil Turkse grens verleng

Maritsarivier (Foto: Ahmet Usal, oorspronklik op Flickr gedeel as Meriç Köprüsü ve Meriç Nehri via Wikimedia Commons)

Griekeland wil sy Turkse grens langs die Maritsarivier vergroot “sodat Griekse burgers veilig kan voel”.

Só het eerste minister Kyriakos Mitsotakis tydens ʼn onderhoud met die openbare uitsaaier ERT gesê ná ʼn inspeksie oor die vordering van die projek.

Ankara het herhaaldelik gedreig om duisende emigrante toe te laat om uit Turkye die Europese Unie te betree via lidstaat Griekeland. Aan die noorde van die grensrivier by die Kastanies-Kapikule-grenspos is daar reeds ʼn heining van 11 km.

Athene bou tans drie nuwe grense op drie dele van die suidelike deel van die rivier oor ʼn afstand van sowat 27 km. Hulle bou naby die dorpie Ferres waar daar verskeie dele is waar die rivier vlak is en die projek sal na verwagting teen April 2021 afgehandel wees, het Mitsotakis aangekondig.

ʼn Krisis tussen die EU en Turkye oor die rivier het in Februarie ontstaan. Ankara het in daardie stadium verklaar die grens met die Europese Unie is oop. Duisende emigrante het toe Turkye verlaat. Die EU het volgehou Turkye maak misbruik van die lot van emigrante en het bykomende beamptes van die Europese grensbeskermingsagentskap, Frontex, na die gebied ontplooi.

Griekse veiligheidsmagte het in daardie stadium meeste van die emigrante voorgekeer. Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, het die Grieke bedank dat hulle ʼn “skild vir Europa” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Athene bou tans drie nuwe grense op drie dele van die suidelike deel van die rivier oor ʼn afstand van sowat 27 km. Ons kan maar net hoop Griekeland se Minister van Heinings se naam is nie Patricia de Lille nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.