Griekse aardbewing eis lewens

Argieffoto

Argieffoto

Na berig word is minstens twee mense dood na ’n aardbewing van 6,1 en verskeie naskokke in die see by Griekeland voorgekom het.

Die groot aardbewing was 14 km noordwes van Nidri aan die westekant van Griekeland.

Beide sterftes het op die eiland Lefkada voorgekom. In een geval is ’n sestigjarige vrou dood toe ’n muur op haar geval het, maar dit is nie duidelik hoe die ander vrou dood is nie.

Duisende mense het die strate ingevlug met die eerste aardbewing. Die eiland Corfu en die hawestad Patras het ook erg deurgeloop.

Aardbewings is ʼn redelik algemene verskynsel in Griekeland, maar lei selde tot sterftes. In 1999 is meer as 100 mense dood ná ʼn groot aardbewing Athene getref het.

Bronne: USGS en Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Monica ·

Kan jy dit glo…Ons was Junie maand in Griekeland. Ons het in Paramethia gebly en ons laaste aand in Corfu voor ons teruggekeer het Namibia toe. Paramethia was ‘n paradys en Corfu was eintlik vuil en verwaarloos as jy die twee dorpe vergelyk het. Albei dorpe het die vriendelikste mense en die lekkerste kos. Ek sal enige tyd weer daar vakansie gaan hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.