Groen lig vir lugaanvalle op Irak

Pres. Barack Obama (Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza)

Pres. Barack Obama (Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza)

Amerika het nog nie met lugaanvalle op Irak begin nie, maar is gereed om voort te gaan nadat pres. Barack Obama sy toestemming gegee het.

“In hierdie stadium was daar nog nie ʼn lugaanval nie,” het ʼn beampte van die Amerikaanse regering gesê op voorwaarde dat hy anoniem kan bly. “Ons staan gereed om militêr in te gryp indien die situasie dit vereis.”

Obama het gesê hy wil ‘n “menseslagting” van minderhede in Irak verhoed, en Amerika sal optree teen Islamitiese militante wat die stad Arbil bedreig. “Ons kan sorgsaam en verantwoordelik optree om ‘n moontlike menseslagting te verhoed,” het Obama gesê. Die Amerikaanse konsulaat is ook in Arbil geleë.

“Een Irakees het vroeër hierdie week voor die wêreld gehuil en gesê daar is niemand om te help nie. Wel, vandag kom Amerika om te help,” het Obama bygevoeg.

Amerika het reeds kos en water laat val om Irakese te help wat voor die Islamitiese militante wil uitvlug.

‘n Regeringsbeampte het ook gesê Amerika is bereid om militêr op te tree om “die druk te verlig” teen die beleërde Yazidi-minderheid indien Irakese pogings misluk. Duisende Yazidi’s is vasgekeer op ‘n berg in die noorde van Irak.

Obama het egter bygevoeg dat Amerika nie weer in ‘n oorlog in Irak wil betrokke raak nie. “Ons ondersteun die mense van Irak terwyl hulle teen die terroriste veg, maar Amerikaanse soldate sal nie weer terugkeer om in Irak oorlog te voer nie, aangesien daar geen Amerikaanse militêre oplossing vir die krisis in Irak bestaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PURE BOER ·

Dis VSA se skuld dat dinge so daar aan gaan. Hoekom het hulle dan n paar jaar terug hul soldate gestuur? Om Sadam uit te haal?
Glo my, maar VSA se olie raak op en wil dit nie publiek maak nie.

Piet Snot ·

Boer, jy’s reg.
VSA het die gemors veroorsaak, nou staan hulle terug en skud hul handjies. Terwyl die arme mense van Irak die Amerikaanse gemors moet uitsorteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.