Grondboontjie-aanvaller slaan toe

 Christina Ferguson.

Christina Ferguson.

ʼn 32-jarige vrou van Wisconsin in die VSA gaan moontlik van wanordelike gedrag aangekla word nadat sy glo grondboontjiebotter op 30 voertuie by ʼn dorpsvergadering gesmeer het.

Christina Ferguson, ʼn inwoner van Amherst in dié deelstaat, was Maandagaand glo besope en het verkeerdelik mense wat ʼn vergadering van ʼn natuurbewaringsklub bygewoon het, as Trump-aanhangers aangesien.

Die plaaslike WSAW-televisiestasie berig sy het die vergadering binnegestorm en begin skreeu dat sy Donald Trump haat. Sy is gevra om die vergadering te verlaat, wat sy wel gedoen het.

ʼn Lid van die groep het egter na buite gegaan en gesien sy skryf vloekwoorde en maak falliese simbole met die grondboontjiebotter op die voertuie.

Sy is in hegtenis geneem en haar bloed-alkoholvlak het 0,218 gemeet. Sy het glo erken dat sy braambessiebrandewyn en bier gedrink het. Sy het aan die polisie gesê sy is ʼn Hillary Clinton- aanhanger

Sy is op borgtog vrygelaat hangende verdere ondersoek. Die polisie het gesê dit was darem gladde grondboontjiebotter en dat daar nie stukkies in was wat die voertuie gekrap het nie.

Bron: City Times, WSAW

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Cherokee ·

Toe ek die berig begin lees het, het ek geglimlag maar dit het verander in ‘n bejammerende frons namate ek verder gelees het.

Lance ·

Sien selfs vir so iets is daar gevolge ….brand verkrag en moor jy in SA kom mens lekker weg met alles …2 werelde !

Cherokee ·

Lance, ek is nou nie werklik lus om jou in ‘n verleentheid te beland nie maar op ‘n qêrelskaart sal jy sien dat Wisconsin nie in SA is.

Oops ·

Oops lees eers gou weer Lance se briefie, hy vergelyk kriminaliteit van Washington met Sa sin, vir iets so klein sal voorste/1ste wêreldlande jou vasvat, dit gebeur nie eens met moord/verkrag in SA nie!

Johann Marx ·

Die studente in die Kaap het nie geld vir grondboontjiebotter nie…..of miskien ken hulle nie die verskil tussen grondboontjiebotter en…….nie. Modder…..is wat ek wou gesê het. Neeee, regtig.

lynette ·

Cherokee hy se nerens dat dit in SA is nie, hy vergelyk Amerika met Suid Afrika. Daar is gevolge vir so n daad maar hier is geen gevolge vir ernstige misdade.

Lou ·

Cherokee, lees mooi voordat jy oordeel, Lance vergelyk juis SA en die VSA wanneer dit kom by gevolge van dade….

lynette ·

Cherokee, jy verstaan Lance se kommentaar verkeerd. Hy se nerens dat Wisconsin in SA is nie.

marie visser ·

Hulle kan bly wees hulle is nie in S-A nie, hier sou hul karre aan die brand gesteek geword het.

RJ Biddulph ·

As trotse Wisconsoniet kan ek bevestig dat mens altyd versigtig moet wees vir Drunken Wisconsin Woman”. Sout van die aarde maar pasop broer…

Kobus 4e ·

Wonder waarmee verf hulle motors in VSA, dat crunchy grondboontjiebotter die verf sou krap….of wat sit hulle in daai grondboontjiebotter?? :-)

HEVW ·

Is dit nou nuuswaardig? In die VSA is daar geen nuusdekking selfs vir die grusaamste misdade wat in SA plaasvind nie. Baie min weet selfs wie z is. Hier is dit nuus as iemand in die VSA grondboondjiebotter aan karre smeer wat nie eens harde stukkies in het nie.

Zumie ·

Wel hier plaaslik wou Winnie die politieke bestel met haar brandende buitebande en vuurhoutjies regruk. Daar in die VSA lyk dit of tannie Clinton en haar hordes hulle tot grondboontjiebotter beperk…….

Theresa ·

Lekker ligte leesstof in vergelyking met ons Suid-Afrikanerdramas. hie hie hie! Braambossiebrandewyn – nou toe nou.

Landiq ·

@Marie, ek stem – hulle kon bly wees dis ‘n “peunut-attacker” en nie SA university student ni. Dink peunutbutter was biki makliker af…. :-)

Jan Nel ·

Ek glo Trump sal dit deel van sy verkiessingsveldtog maak.

Emile ·

Kan mens plaaslik braambessiebrandewyn te kope kry?

Groot Marico dalk? Of Robertson?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.