Groot aardbewing kan Kalifornië glo ‘enige tyd’ tref

San Andreas-verskuiwingsvlak Foto: bodysmartinc.com

San Andreas-verskuiwingsvlak Foto: bodysmartinc.com

Onlangse navorsing deur Nature Geoscience dui aan dat verskuiwende plate langs die San Andreas-breuk in Kalifornië moontlik ʼn groot aardbewing tot gevolg kan hê in dié Amerikaanse deelstaat.

Volgens die navorsing lig dele van Kalifornië langs die San Andreas-verskuiwingsvlak elke jaar met ’n paar sentimeter, terwyl ander dele ooreenkomstig daal. Die oorsaak van dié bewegings gaan volgens die studie lei tot ʼn aardbewing.

“Dit dui op ʼn groot opbou van spanning in die aardkors en bevestig navorsing van die Smithsonian-instituut wat verlede jaar die lig gesien het,” het Sam Howell, die navorsingsleier, gesê.

Dele van Santa Barbara, San Luis Obispo en San Bernardino is glo onder die dele wat lig, terwyl Orange County, die Los Angeles-kom, Bakersfield en die San Diego-gebied onder dié is wat daal.

Dit was tot onlangs onmoontlik om die vlakke van vertikale beweging van die aardkors te meet, maar statistiese modelle is pas ontwikkel om GPS-data van “geraas” te suiwer om dit wel mee te doen.

Die wetenskaplikes is dit egter eens dat dit onmoontlik is om te sê wanneer die spanning tot ʼn aardbewing sal oorgaan.

Die laaste werklike groot aardbewing op die San Andreas-breuk was in 1906 toe San Francisco deur ’n aardbewing van 7,8 geskud is. Meer suid was daar 150 jaar gelede ’n groot skudding, en suid van Los Angeles 300 jaar gelede.

Sommige wetenskaplikes meen “die grote” moes reeds geruime tyd gelede plaasgevind het.

Bron: Smithsonian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Hierdie komende aardbewing en ‘n plaasaanval het dieselfde ooreenkoms.

FC ·

Die 2015 fliek San Andreas het dit ook voorspel.
Ek voorspel ook dat Mugabe nie meer lank gaan president wees nie.
Ek voorspel dat die Springbokke later hierdie jaar vêr teen die All Blacks gaan verloor.
Als kan voorspel word maar dit is eers nuus as dit gebeur.
Bla bla bla.
Gee vir ons regte nuus asb.

Ronnie ·

Is daar iets fout met my, want ek vind hierdie artikel baie interessant?

Uiltjie ·

Jy’s reg Ronnie, baie interessant! FC verstaan nie, hy kyk te veel films!

Paplepel ·

Hierdie tipe voorspellings kom elke nou en dan voor sedert hulle uitgevind het van die plate wat skuif. Selfs die sogenaamde wetenskaplikes weet te min van die meganismes aan die werk om enige uitlatings te maak. Om te sê “die grote” moes al plaasgevind het is net aandag soek. Waarop baseer hulle dit? Hoeveel van hierdie situasies het hulle al in die laaste paar miljoen bestudeer om so ‘n stelling te kan maak? Soos FC sê, eers nuus as dit gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.