Groot aardbewing skud Meksiko

Aardskudding-3_0‘n Baie sterk aardbewing wat 7,1 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het pas in die suide van Meksiko geskud.

Die episentrum van die skudding was net 8 kilometer van Puerto Madero, maar sowat 92,2 kilometer onder die oppervlak. Hoe dieper onder die oppervlak, hoe minder skade is daar gewoonlik. Die dorpie het minder as 10 000 inwoners, maar is net 200 kilometer van die hoofstad van Guatemala, Guatemalastad af.

Minstens twee mense het in die dorpie San Marcos in Guatemala omgekom, terwyl geboue tot in Meksikostad geskud het.

Kragonderbrekings het ook in Guatemala voorgekom.
Bronne USGS, The Weather Channel

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jas van As ·

Dit is wel so. Ek het ook grootgeword met Mexico, maar gaan Google Meksiko, dan sien jy dat jy nie die stelling kan maak dat dit nog nooit so gespel is nie. Ek is seker daarvan dat Herman Toerien sy huiswerk gedoen het voor hy die berig geplaas het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.