‘n Aardbewing van 6.9 op die momentmagnitudeskaal is Saterdag in Griekeland, Turkye en Bulgarye gevoel.
Die skudding, onder die Egeïese See naby die grens tussen Griekeland en Turkye, is tot in Atene, 300 kilometer daarvandaan gevoel. Die skudding het glo tussen 20 en 30 sekondes lank geduur.
Berigte oor skade en ongevalle is nog teenstrydig, maar die meeste berigte lui dat geen ernstige skade of beserings aangemeld is nie. Minstens een naskok het ook reeds voorgekom. Paniek het egter in verskeie gebiede voorgekom.
Indië, Israel, Rusland, Japan, Meksiko en Nieu-Seeland tel onder die lande wat die afgelope 24 uur deur beduidende aardbewings geskud is.
Bron: USGS