‘n Aardbewing wat 6,9 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het sowat 400 kilometer noordoos van Bouvet-eiland voorgekom. Die episentrum was 2 279 kilometer suid van Hermanus.
Die Passifiese Tsunami-waarskuwingsentrum het die kanse dat dit ‘n tsunami sou veroorsaak as laag gekategoriseer, en bloot daaroor verslag gedoen.
Hierdie aardbewing was by verre die sterkste aardbewing die afgelope 24 uur op enige plek op aarde. Dit het op die verskuiwingsvlak tussen Afrika en Antarktika voorgekom waar die twee kontinentale plate weg van mekaar dryf.