Groot aardbewings op pad, waarsku kundiges

Foto: Pixabay

Die aarde draai vanjaar effens stadiger om sy eie as en die gevolge daarvan kan ’n verdubbeling in die aantal groot aardbewings wêreldwyd deur die loop van volgende jaar wees.

Só sê ’n span geoloë van die Universiteit van Colorado wat aardbewings en verwante sake ondersoek.

Professors Roger Bilham en Rebecca Bendick sê die gevolg daarvan dat die aarde effens stadiger om sy as draai, is dat die aarde effens gekrimp het. Terwyl dit nie ’n probleem is vir die gesmelte kern en sagte mantel nie, is dit wel ʼn probleem vir die aardkorsplate wat nou effens harder teen mekaar druk.

Hulle meen nie die toestand sal “nuwe” aardbewings skep nie, maar aardbewings wat reeds besig is om op te bou, verhaas.

Verskeie faktore kan die draaispoed van die aarde beïnvloed; selfs seestrome en atmosferiese toestande. Die aarde draai reeds van 2011 af teen ’n paar duisendstes van ’n sekonde stadiger.

Die aarde het in 2010 laas meer as twintig aardbewings van M7 of meer behaal, en wel 21. Vanjaar was lank besonder stil wat sterker aardbewings oor alle sterktes betref – die derde aardbewing van M7 of meer was eers op 17 Julie in Rusland. Op die oomblik het die aarde sewe sulke aardbewings beleef. Een van die aardbewings was sterker as M8.

Bron: Business Insider

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

WL ·

Is ‘n dag nou nie meer 24 uur lank nie? Moet ek my horlosie stel?

Terloops ·

Kan hulle dit bewys of is dit nog maar net weer ‘n verskoning om ons te verblind teen die waarskuwings wat ons van lees in die Woord? Ons moet tot bekering kom as ons die dinge sien!

WL ·

So as ek jou reg verstaan, as hierdie dinge nie gebeur het nie, was dit nie nodig om te bekeer nie?

Wanda ·

Terloops…….jy praat waar. Die woord voorspel al die tekens maar ons wil graag luister na die wetenskaplikes.

Wonder ·

Dit laat my wonder hoe lyk die agterkant van die son en die plat aarde se agterkant?

Piet Pompies ·

Ek het ook vandag tot die slotsom gekom dat….
1 jaar is eintlik 365 dae
1 week is eintlik 7 dae
1 dag is eintlik 24 ure
Sjoe, nou gaan ek langer lewe…..

Rupert Ashford ·

Dit is goed dat jy skepties is en vrae vra. Daar is ander verklarings ook maar nie so populer nie want dit ontwrig die “grootste ingryping in die wereldekonomie” en baie mense se inkomste kan in gedrang kom. ;-)

Leahim ·

Sal dit nie great wees as n aardbewing die weskaap laat wegbreek van SA en n onafhanklike staat geskep word nie?

Ekke ·

Leahim, Weskaap met Noordkaap. Dit sal ‘n wonderlike staat wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.