Groot aardbewings ruk Alaska-eilande en Nieu-Seeland se Raoul-eiland

Foto: Nagevolge van 1964 se groot Alaska-aardewing

Foto: Nagevolge van 1964 se groot Alaska-aardewing

‘n Skudding van 7,9 op die Momentmagnitudeskaal het Alaska se Little Sitkin-eiland getref, terwyl die Raoul-eiland net noord van Nieu-Seeland deur drie skuddings sterker as M6 geskud is. Die sterkste was M6,9.

Die Little Sitkin-eiland is een van ‘n boog eilande wat van Alaska na Siberië strek. Die boog dui aan waar die Passifiese plaat onder die Noord-Amerikaanse plaat inbeweeg, en die grote se episentrum was meer as 100 kilometer onder die oppervlak. Geen Tsunami-waarskuwing is uitgereik nie, maar verskeie waarskuwings vir vulkaniese aktiwiteite is in die onlangse verlede uitgereik. Sowat 30 naskokke het reeds voorgekom, waarvan twee M6 of sterker gemeet het.

Die USGS het onlangs ‘n studie die lig laat sien waarin die redes bespreek is hoekom dié gebied, ten spyte van die aardbewingmeganisme wat aanwesig is, baie selde werklike groot aardbewings oplewer. Die studie het geologiese verskynsels tot miljoene jare gelede ingesluit, en die gevolgtrekking was dat die twee plate baie gemaklik by mekaar verbyskuif.

Die nuwe bielie het gekom in dieselfde jaar as wat die tweede grootste aardbewing in menseheugenis, ‘n skudding van M9.2 in Alaska se vyftigste herdenking gehou is.

Die bielie by Raoul-eiland het ook reeds sowat 20 naskokke opgelewer, waarvan twee sterker as M6 was. Hierdie skuddings se episentrum was sowat 20 kilometer diep.

Die sterkste aardskudding vanjaar was een van M8,2 by Iquique in Chili op 1 April vanjaar. Dit is deur verskeie kragtige naskokke gevolg, en naskokke kom steeds gereeld in die omgewing voor.

Bron: USGS

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

So, al is jy daar doer ‘en weg van die misdaad’, is daar steeds Moeder Natuur…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.