Groot beloning vir veerboot-eienaar

Skermskoot uit die video wat bewys dat die kaptein voor sy passasiers gered is

Skermskoot uit die video wat bewys dat die kaptein voor sy passasiers gered is

Suid-Korea bied nou ʼn half miljoen dollar aan as beloning vir wenke oor die geheimsinnige miljardêr wat glo die veerboot besit wat verlede maand gesink het.

Beamptes sukkel steeds om Yoo Byung-eun vas te trek na bewerings op belastingontduiking en geldverduistering.

Staatsaanklaers het Maandag gesê die versuim om genoeg geld aan veiligheid te spandeer, het moontlik daartoe gelei dat die Sewol-veerboot op 16 April gesink het. Meer as 300 mense, hoofsaaklik hoërskoolleerlinge, is in dié ramp dood of word steeds vermis.

Die beloning van $500 000 (meer as R5 miljoen) is dieselfde bedrag indien ʼn burger van Suid-Korea inligting verskaf oor ʼn spioen van Noord-Korea.

Die polisie bied ook ʼn beloning van $100 000 vir Yoo se oudste seun. Hy word ook aangekla van geldverduistering. -SAPA

Lees ook:
Video: Kaptein verlaat sinkende veerboot
Veerbootramp: Duikers begin lyke verwyder
Veerbootramp: Kaptein, bemanning vas
Adjunkhoof pleeg selfmoord na veerbootramp
Nog 107 vermis ná passasierskip omslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.