Groot geskenk aan Legoland-baba

Baba Lucas en die res van die Atkinson-gesin (Foto: Legoland, Facebook)

Baba Lucas en die res van die Atkinson-gesin (Foto: Legoland, Facebook)

Lucas Atkinson, wat onlangs in die parkeerterrein van Legoland in Windsor in Engeland gebore is, het ʼn groot geskenk van dié speelpark ontvang.

Lucas het ʼn lewenslange toegangskaart ontvang om Legoland te besoek, het die speelpark op sy Facebook-blad bevestig.

Sy ma, Janine Atkinson, was op pad na die Wexhampark-hospitaal toe hulle gedwing is om ʼn ompad te ry en uiteindelik in die personeel se parkeerterrein by Legoland stilgehou het. Janine het kort daarna gekraam.

“Ons wens die Atkinson-gesin van harte geluk,” het ʼn woordvoerder van die speelpark gesê.

By “plek van geboorte” op Lucas se geboortesertifikaat dui dit aan, “Legoland Windsor, Winkfield Road, Windsor on the way to Wexham Park Hospital Slough”. Hy is op 30 Augustus gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charlotte Barnard ·

Wat ‘n mooi gebaar van LEGOLAND! Enige kind se droom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.