Groot kommer oor krisis in Haïti

(Foto: Clarens SIFFROY/AFP)

Leiers en gesante van verskeie sleutellande sou Maandag in Jamaika vergader oor die toenemende onstabiliteit in Haïti.

Bendegeweld lê dié verarmde land se hoofstad lam en buitelandse diplomate het oor die naweek die land verlaat.

Gewapende groepe wat reeds ’n groot deel van Port-au-Prince beheer, het die afgelope dae verwoesting ontketen in hul pogings om premier Ariel Henry te verdryf.

Henry, wat sedert die sluipmoord op president Jovenel Moise in 2021 in beheer is, was in die buiteland op soek na steun vir ’n sending wat deur die Verenigde Nasies (VN) gesteun word toe die jongste geweld uitgebreek het. Hy kon nie terugkeer na sy land nie.

Leiers van verskeie Karibiese lande sowel as gesante van die VSA, Frankryk, Kanada en die VN is na ’n vergadering in Kingston, Jamaika, ontbied om die krisis te bespreek. Die VSA het Antony Blinken, minister van buitelandse sake, vir die vergadering gestuur.

Die Europese Unie het Maandag gesê al sy diplomatieke personeel het Haïti verlaat, ’n dag nadat die VSA aangekondig het dat hy nie-noodsaaklike ambassadepersoneel na veiligheid neem.

Die Duitse departement van buitelandse sake het intussen gesê sy ambassadeur het Sondag na die Dominikaanse Republiek vertrek “weens die baie gespanne veiligheidsituasie in Haïti”.

Die polisie het oor die naweek bende-aanvalle afgeweer, ook op die presidensiële paleis. Die swaar gewapende bendes het kritieke infrastruktuur aangeval, onder meer twee tronke, wat die meeste van die 3 800 gevangenes toegelaat het om te ontsnap.

Port-au-Prince en die omliggende streek is onder ’n maandlange noodtoestand terwyl ’n aandklokreël ook ingestel is.

Haïti se lughawe bly intussen gesluit terwyl die hoofhawe ook dienste opgeskort het te midde van plunderingsvoorvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Martie ·

Nou hoekom gaan help Mnr Ramaphosa en Mev Pandor nie die mense nie?

Vrijburger ·

As Haïti olie gehad het was daar lankal al Amerikaanse, Westerse en NATO troepe in die land om ‘demokrasie te beskerm’.

Aggie ·

Die prez en die antie moet nou dringend gaan help sodat dit nie oorspoel na SA nie. Ons het oorgenoeg daarvan…

Heinrich ·

Ai ek het nou regtig nie geweet dat die ANC in Haiti ook regeer nie…

chris ·

Die rede vir die beweerde brandstigting dmv laser (VSA of China?) waar selektiewe plekke en grond afgebrand is en dit oral op sosiale media versprei is ,is nog nie opgeklaar of beantwoord nie.Die storie is dat die gebied wat afgebrand is, ge-oormerk is of was vir ‘n Smart City ontwikkeling,maar dat sekere inwoners nie daarvoor te vinde was nie en nie hul eiendom wou verkoop nie.Dat die brand doelbewus gestig is om die plek eers af te breek en dan weer met behulp en finansiering van die groot banke en fondsbestuurders soos Black Rock op te bou, klink byna soos die rede vir die oorlog in die Ukraine.

Sê maar net ·

Ek het in ‘n ander berig gehoor dis regtig donker daar. Mense ly honger en baie gee hul nou oor aan kanibalisme. Dis erg.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ook SA se voorland. Bendes wat oorneem met wêreldmagte agter hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.