ʼn 3.4 meter lange luislang is in Mutare in Zimbabwe doodgemaak nadat dit in ʼn woonbuurt gevind is, het ʼn plaaslike koerant Vrydag berig.
Dit is ʼn kriminele misdryf om ʼn luislang in Zimbabwe dood te maak, maar niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Sommige inwoners van die woonbuurt ontken dat die slang Woensdag doodgemaak is, maar die staatsbeheerde Manica Post het ʼn foto van ʼn man, wat die dooie slang vashou, en ʼn skare wat toekyk, gepubliseer. Die heuwels agter Zimunya is duidelik sigbaar.
Willis Mushati, ʼn vervoeroperateur, wie se huis geleë is naby aan die plek waar die slang gevind is, het gesê hy het die slang eers gemeet nadat van die mense dit doodgemaak het.
Volgens die Manica Post het die slang reeds ʼn kat in die omgewing geëet. Die reptiel is glo later aan die brand gesteek.
Luislange is ʼn beskermde spesie in Zimbabwe en indien iemand ʼn luislang doodmaak, kan die persoon ʼn boete of tronkstraf opgelê word. Plaaslike inwoners val egter steeds die slange aan weens bygelowe.
Kyk op die foto wied die skuldiges en arresteer! Hoe moeilik is dit? Ai tog, ewige bygelowe en twak, so word alles uitgeroei en/of opgevreet.
En hoekom is dit nuuswaardig?