Groot skok: SMS van oorle ouma

Sheri Emerson en haar oom Foto: Shields Gazette

Sheri Emerson en haar oom Foto: Shields Gazette

ʼn Gesin van Engeland wat steeds rou oor die afsterwe van hul ouma drie jaar gelede, het vertroosting daarin gevind om ʼn teksboodskap na ʼn selfoon te stuur wat hulle saam met haar begrawe het, totdat hulle ʼn vrolike antwoord ontvang het.

“Ek waak oor julle en dit gaan beter raak. Druk net deur,” lui die teksboodskap van wyle Lesley Emerson se selfoonnommer af.

Die selfoonmaatskappy het glo, ondanks ʼn belofte om dit nie te doen nie, die nommer aan ʼn niksvermoedende klant verkoop.

“Ons het natuurlik geweet Ouma sal nooit reageer op ons boodskappe nie,” het Sheri Emerson aan haar plaaslike koerant, die Shields Gazette, gesê. “Jy kan jouself net indink wat deur my gedagtes geflits het toe ek die boodskap van haar af ontvang!”

Die selfoondiensverskaffer het glo onderneem om die nommer uit sy diens te onttrek.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

janita ·

Awww, ek is seker sy bedoeling was van n troosende aard!:-) Onthou, mense sal tot enige iets draai om some kind of vertrosing te kry, om net te weet ju geliefdes ini hemel is okay, dat hul met n goeie hartji gegaan het en gelukkig is daarbo..Dis eintlik baie sweet, hy kon n bja lelike boodskapi gestuur ht, maar instead ht hy prober troos..Toe my mamma hemel toe was so paar jaar terug ht ek ook di eerste rukki gesms na haar nr, en ekt sooooo gewens imand (sy) kon my terug sms net sodat k weet sys gelukkig..al weet ek dit is nou imand anders se nr, sou dt my laat glimlag het:-) gee mens n biki vertrosing..

Charles Austin ·

Dieselfoon no is al lankal aan iemand anders toe geken, selfoon no verval na n sekere tyd wat dit nie gebruik word nie. Die persoon het n swak sin vir humor.

natasha meintjes ·

Jul sal my nie glo nie,n paar jaar terug was ek en mansmens besig om te skei en ek met my kids bly alleen op n plot agter n huis in n woonstel die huis was teen die woonstel my foon was af my suster en swaer stop by die hek twee uur die more vra is alles aoky ek vra hukom?hul se want die hele famiellie please call mes gegee ek se my foon is op charge want hys af!daai plek was iets nie reg nie,

Lucas ·

Ek is met die mense en verstaan wat hulle voel. Verlange is n groot dinge en gaan nie gou weg nie. Mens soek n manier om vas te kan hou aan n geliefde en die sellfoon idee is volgens my n goeie manier van troos. Dis net jammer dat mense in daai land nie selfde voel nie en die gesin aanval en nie net eerder stil bly en die mense se rou respekteer nie. Ek vind die artikel nuuswaardig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.