Groot uitbarsting van Hawaii-vulkaan

Asreën wat deur die uitbarsting veroorsaak is. Foto: USGS

Die Kilauea-vulkaan in Hawaii het Donderdag sy grootste uitbarsting nóg gehad nadat dit vroeër in Mei meer aktief begin raak het.

Die vulkaan het as en rook sowat 9 km die lug in geskiet. ʼn Webkamera by die Hawaii-vulkaanobservatorium het die nadraai van die uitbarsting of film vasgelê wat wys hoe klam as op die donker landskap neerreën.

Van die piek van die Mauna Loa-vulkaan, sowat 32 km verder, het kameras ʼn aambeeldvormige borrelende rookwolk verfilm.

Wetenskaplikes het dae lank gewaarsku dat ʼn groot uitbarsting kan volg nadat die lawa wat in die krater van Kilauea se piek uitgeborrel het, weer begin het om in die grond in te syfer.

Kenners was besorg oor wat sou gebeur as die sinkende lawastroom met die watertafel in aanraking kom en dat dié stoom verdere uitbarstings kan veroorsaak.

Die Hawaii County Civil Defense Agency waarsku dat wind die aswolk in ʼn oostelike rigting kan laat beweeg en asreën in die nabygeleë gemeenskappe kan veroorsaak. Die agentskap het inwoners gewaarsku om skuiling te soek as hulle hulself in die asreën bevind. Afhangend van weertoestande kan die asreën so ver as Hilo, 48 km verder, voorkom.

Minstens 26 huise is reeds deur lawa, wat uit die grond geborrel het, verwoes nadat die vulkaan in Mei uitgebars het. Meer as 1 700 inwoners moes die omgewing vir ʼn onbepaalde tyd verlaat. Volgens kenners kan die uitbarstings nog maande lank voortduur. Die uitbarstings gaan gepaard met honderde klein aardskuddings.

Owerhede het inwoners ook gewaarsku teen swaelsuurgas wat uit luggate stoom. Dit is veral gevaarlik vir bejaardes en persone met asemhalingsprobleme.

Kilauea is een van die wêreld se aktiefste vulkane. Lawa het in 2014 uitgeborrel en ʼn huis en begraafplaas in Pahoa, die dorp naaste aan Leilani Estates, verwoes. Die lawavloei het egter gestop net voordat dit die hoofpad in Pahoa bereik het. Lawa het 30 jaar gelede, in die bestek van ʼn jaar, ʼn hele dorp, Kalapana, bedek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marinda ·

En hier dink ons, ons land het probleme.

Dink aan die mense wat se lewens deur die vulkaan omvergewerp word.

Mense wat van voor af moet begin, wat alles verloor op ñ hoë ouderdom agv ñ orkaan.

Gerhard ·

Ek is seker meer mense in SA is dood in die selfde tyd, meer het op straat geslaap, meer is arm en meer se lewens is verwoes deur onregmatig rastellende aksie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.