Groot verrassing vir vrou ná koma

Sharista Giles

Sharista Giles

Toe die twintigjarige Sharista Giles ná vier maande in ’n koma bykom, moes sy die blye nuus verneem dat sy intussen ma van ’n babaseuntjie geword het.

Giles, van Tennessee in die VSA, was in ’n koma ná ’n ernstige motorongeluk. Dokters het nie gedink sy sou ooit daaruit kom nie.

Giles was vyf maande swanger tydens die ongeluk. Ná drie maande in die koma het die dokters die seuntjie met behulp van ’n keisersnee in die lewe gebring. Hy is steeds piepklein, maar gesond.

Kort hierna het Giles self haar oë oopgemaak, haar geliefdes om haar bed se hande gedruk, en met haar oë die foto van haar babaseuntjie gevolg. Haar familie glo sy weet dit is haar kind.

Bronne: ABC News, Metro, De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Natuurlik weet sy dis haar kind!! Dis vir daardie kind en met God se genade wat sy die wil gehad het om die ongeluk te oorleef en uit die koma te kom. Sy moes in daardie koma heeltyd besef het wat aangaan .
Die band tussen hierdie moeder en kind kan duidelik gesien word op die foto. Dink net dat die outjie ook in die ongeluk was en dit oorleef het.
Veels geluk Sharista met “tawwe Tienie”.

Jo ·

Dis nou ‘n positiewe, oulike berig. Baie geluk !!! Waarom plaas Maroella nie meer sulke berigte in plaas van onsinnige en van geen belang, dus mors van nuusspasie oor Jakop 73 is? So what? Ek weet van baie mense wat iets vir die land beteken en 73 is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.