Giles, van Tennessee in die VSA, was in ’n koma ná ’n ernstige motorongeluk. Dokters het nie gedink sy sou ooit daaruit kom nie.
Giles was vyf maande swanger tydens die ongeluk. Ná drie maande in die koma het die dokters die seuntjie met behulp van ’n keisersnee in die lewe gebring. Hy is steeds piepklein, maar gesond.
Kort hierna het Giles self haar oë oopgemaak, haar geliefdes om haar bed se hande gedruk, en met haar oë die foto van haar babaseuntjie gevolg. Haar familie glo sy weet dit is haar kind.
Bronne: ABC News, Metro, De Standaard
Natuurlik weet sy dis haar kind!! Dis vir daardie kind en met God se genade wat sy die wil gehad het om die ongeluk te oorleef en uit die koma te kom. Sy moes in daardie koma heeltyd besef het wat aangaan .
Die band tussen hierdie moeder en kind kan duidelik gesien word op die foto. Dink net dat die outjie ook in die ongeluk was en dit oorleef het.
Veels geluk Sharista met “tawwe Tienie”.
Dis nou ‘n positiewe, oulike berig. Baie geluk !!! Waarom plaas Maroella nie meer sulke berigte in plaas van onsinnige en van geen belang, dus mors van nuusspasie oor Jakop 73 is? So what? Ek weet van baie mense wat iets vir die land beteken en 73 is.
Dagsê Jo
Baie dankie vir jou kommentaar! Maroela Media publiseer gereeld “goeie nuus”-berigte – loer gerus hier: http://maroelamedia.co.za/kategorie/goeiegoed/
Ons hoop jy kuier sommer lekker verder saam!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media