Grootoog vanaand vir groot Mars

‘n Kunstenaarsvoorstelling van die “belyning” soos verskaf deur Nasa

‘n Kunstenaarsvoorstelling van die “belyning” soos verskaf deur Nasa

Die planeet Mars sal vanaand van sononder tot sonsopkoms môreoggend besonder groot en tot tien keer helderder as die helderste sterre gesien kan word.

Die rede is dat die son, die aarde en Mars in ‘n bykans reguit lyn sal val, en die rooi planeet van die aarde gesien naby en vol in die son sal wees. Dit gebeur net een keer elke ongeveer twee jaar. Mars sal helder oranje vertoon.

Volgende week kom Mars en die aarde op hul naaste in die huidige siklus aan mekaar en sal “net” 95 miljoen kilometer van mekaar wees. Verskeie tuie, waaronder een van Indië, is juis so na Mars gelanseer om die “nabyheid” te benut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.