Grootskaalse kragonderbrekings in Turkye

Kragonderbreking in Turkye Foto: @metesohtaoglu, Twitter

Kragonderbreking in Turkye Foto: @metesohtaoglu, Twitter

Talle provinsies in Turkye het Dinsdag grootskaalse kragonderbrekings ervaar en vervoer, hospitale en vervaardiging moes ure lank opgeskort word.

Dit is nog nie duidelik wat tot die kragonderbreking gelei het nie, maar beamptes het aan die dagblad Hürriyet gesê hulle skryf dit toe aan ʼn tegniese probleem. Doğan News Agency het gerig byna al 81 provinsies is deur die kragonderbreking geraak, buiten Van in die ooste wat sy elektrisiteit van Iran invoer.

“Elke moontlikheid, insluitend ʼn terreuraanval, word ondersoek,” het eerste minister Ahmet Davutoğlu aan verslaggewers in Ankara gesê. Hy het bygevoeg ʼn krisissentrum is opgerig en die publiek sal uurliks op hoogte gehou word.

Taner Yıldız, minister van energie, het gesê die kragtoevoer is omstreeks 20:40 weer landswyd herstel.

Sosiale media het gegons oor die kragonderbrekings onder die hutssleutel #BuradaElektrikYok (daar is geen elektrisiteit hier nie).

Turkye poog om ʼn streeks-elektrisiteitsmark te skep deur sy kragvoorsieners te privatiseer. Altesaam 20 kragnetwerke is in 2013 geprivatiseer.

Bron: Hürriyet
Lees ook: The Independent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.