Grootste aardbewing in dekades tref Kalifornië

Argieffoto: Pixabay

ʼn Aardbewing van 7,1 het Vrydagaand ʼn woestyngebied van suidelike Kalifornië geskud en word bestempel as die grootste aardbewing om die VSA in twee dekades te tref. Niemand is in die aardbewing ernstig beseer of dood nie.

Die BBC berig die aardbewing het op ʼn diepte van 0,9 km voorgekom en die episentrum was naby die stad Ridgecrest, ongeveer 240 km noordoos van Los Angeles.

Die aardbewing volg kort op die hakke van nog ʼn aardbewing van 6,4 wat dieselfde gebied Donderdag getref het. Dié aardbewing het egter op ʼn diepte van sowat 11 km voorgekom.

CNN berig volgens ʼn seismoloog was die tweede aardbewing tien keer sterker as die vorige een.

Die eerste aardbewing, wat nou as ʼn voorskok beskou word, het verskeie huise vernietig terwyl die jongste aardbewing elektrisiteitsonderbrekings tot gevolg gehad het.

Verskeie brande het in die Ridgecrest-omgewing voorgekom en sowat 2 000 mense is sonder elektrisiteit gelaat. Een persoon het ligte beserings opgedoen terwyl geboue se fondamente gekraak het.

Volgens die BBC is Kalifornië geneig tot aardbewings aangesien dié Amerikaanse deelstaat op die San Andreas-foutlyn van sowat 1 200 km lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HPV ·

Die grootste aardbewing wat Suid Afrika ooit getref het was die ANC, dit het die land letterlik vewoes en mense sterf steeds teen 57 per dag weens die verwante geweld.

Jan Seerot ·

Geologie 101
Fault ~ Verskuiwing
Die aarde maak nie foute.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.