Grootste lotery-boerpot in VSA-geskiedenis

Foto: www.latinpost.com

Foto: www.latinpost.com

Amerikaners koop verwoed kaartjies vir Saterdag se Powerball-loterytrekking.

’n Boerpot van $675 miljoen (meer as R10,8 miljard), die grootste in die VSA se geskiedenis, is Saterdag op die spel.

The Daily Mail berig die vorige grootste boerpot was $656 miljoen in 2012. “Daar is ’n koors in die lug, van mense wat hoop op dié enorme prysgeld.”

Gloria Mackenzie van Florida het tot dusver die grootste boerpot in die geskiedenis van Powerball gewen. Sy het in 2013 $590,5 miljoen in haar sak gesteek.

Van dié rekordboerpot bekend geword het, word tot $1 miljoen se kaartjies per uur verkoop, berig dié koerant.

Volgens The Daily Mail was jou kans om Woensdagaand die boerpot te wen een in 192,2 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Deon Bruyns ·

Goeie genugtig!
Waar koop ek kaartjies?
Met soveel geld kan ek my eie Inkandla bou, volledig met sy eie straalvliegtuig, en genoeg oorhou vir my oudag en ‘n paar feesvueringe saam met die “comrades”!

Dee ·

En wanneer jy by die petrolpompe stilhou kan jy sê “maak vol!”.

Frederik ·

Deon, jy kan kaartjies aanlyn koop by UK Lottery Live.com – Wat van ‘n ekstra paar vrouens as jy sou wen??

Gerhard ·

Jy KAN kaartjies koop! Die VSA en al die groot loterye is oop vir Suid Afrikaners. Ek neem gereeld deel. Jy moet registreer as ‘n speler by ‘n webwerf soos http://www.play-huge-lottos maar dis woerts warts en gratis. Jy betaal met jou kredietkaart of met Paypal vir jou kaartjies.

Elizabeth ·

Ek hoop dat die persoon wat dit wen iemand is wat dit werklik nodig het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.