Foto’s: Grootste passasierskip nóg begin eerste vaart

The Symphony of the Seas (Foto: SBW-Foto)

Die grootste passasierskip wat die wêreld nóg gesien het, het pas Barcelona in Spanje verlaat vir sy eerste vaart rondom die Middellandse See.

CNN berig dié passasierskip – wat The Symphony of the Seas heet – spog met van die beste tegnologie wat nóg in passasierskepe was.

The Symphony of the Seas is onder andere die eienaar van die hoogste waterglybaan, die vinnigste internet op die oop waters en meer kunswerke as wat in die ganse Louvre-museum in Frankryk pryk.

Dié passasierskip is deur STX France gebou en is vroeër aan Royal Caribbean International afgelewer. Balwin Yeung, dié maatskappy se direkteur van verkope en bemarking, sê Royal Caribbean is trots op sy beste produk tot dusver.

Yeung sê die passasierskip is langer as 360 m, 66 m wyd, 70 m hoog en weeg nagenoeg 230 000 ton. Die skip spog met 22 restaurante, 24 swembaddens en 2 759 kajuite.

The Symphony of the Seas kan op een slag 6 680 gaste akkommodeer wat deur sowat 2 200 personeellede bedien en bygestaan word.

“Agt uit tien van die wêreld se grootste skepe behoort aan Royal Caribbean, maar dié skip is werklik ʼn baanbreker,” sê Yeung. “Passasiers sal nooit gedruk voel nie, want die skip spog met 18 dekke. Dis amper soos ʼn gebou – daar is ook 24 hysbakke en sewe ‘buurte’. Elke buurt het sy eie persoonlikheid, so die passasiers word op daardie manier van mekaar geskei.”

The Symphony of the Seas sal later vanjaar onder andere Palma de Mallorca, Spanje, Florence, Pisa, Rome, Napels, Florida, Miami en die Karibiese Eilande besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Valerie ·

So ‘n bietjie oordrewe, die skip. Dis ook so ‘n groot dat ‘n mens seker ‘n paspoort benodig om rond te beweeg van plek tot plek (of trek ‘n mens op so ‘n groot ding?).
Miskien is ek maar net ‘n bietjie afgunstig.

Gustav ·

Wow, dit is ‘n ongelooflike skip. Lekker om van iets wonderlik te hoor vir ‘n slag

Santa ·

Wonder sal die skip ook na die Suid Afrikaanse waters vaar. Sal ook interessant wees om te hoor wat die kostes is om op die skip te reis.

Spike ·

Om op ñ groot passasierskip te wees is ñ belewenis. So ñ rukkie terug op die Sinfonia gewees.

Bedrieg my oë my? ·

Bietjie min “lifeboats” so op die oog af…Dis groot en als en glo seker stunning en ‘n belewenis, maar ek hou persoonlik nie van die ontwerp nie.Maar indien iemand my ‘n kaartjie gee,sal ek nie omgee om van nader te gaan kyk nie.

Tiaan ·

Ag so leke om my huis te sien op die nuus ja ek werk bly en kuier op die ou groote ?

JM ·

Hy is beslis nie in Suid Afrika gebou nie want dan het hy al gesink

Mike ·

Ek was laasjaar op MSC Meraviglia (vir eerste keer op die cruise), jy sal weer wil gaan op sulke groot skepe, ongeag die grootte. Gaan weer doen, op MSC Seaside volgende jaar. SIen uit daarna. Moeite werd, koste nie so erg nie as jy mooi vroeg beplan.

Jakals ·

Julle weet die Titanic het 10 April 1912 sy vaart gemaak en op 14 Arpil 1912 gesink? Ek weet dit gaan nie hier gebeur nie, maar die ironie dat dié spesifieke skip op dieselfde datum as die Titanic haar eerste vaart maak. Ek hou baie van dié skip se argitektuur.

Nettie ·

@Jakals – nie eens aan die ooreenkoms t.o.v. die vertrekdatum gekyk nie, maar ek het onmiddellik gesê ek hoop nie sy volg die pad van die Titanic nie, wat eens op ‘n tyd óók die grootste seevaarder, die luuksste passassierskip van haar tyd was en toe so tragies gesink het …………..

Glimlag ·

Ai Tiaan, dit moet ‘n belewenis wees om op so pragtige groot skip te werk ne? :-) ‘n Voorreg voorwaar.

As ek dink aan die eerste skip of noem mens dit dalk ‘n boot, wat ek op gery het, was die Rhapsody? Ek dink hy kon 450 passassiers of so iets vat en die geskommel op die see was ERG. Hierdie meneer van ‘n skip laat mens seker glad nie voel of jy op water is nie.

Daar gaan hy: reguit Bucket list toe!

Sanna ·

Dink net hoe vroeg moet die bemanning begin loop om by die werk te kom vanaf die kajuit of eetsaal.

Driaan ·

6680 Gaste
2200 Personeellede
——-
8880 Totaal siele aanboord.

18 lewens reddingsbootjies – (gegewe daar is ook 9 bootjies aan die ander kant van die boot soos per die hooffoto)

Dit beteken 493 mense op ‘n bootjie sou daar iets gebeur.

‘n Mens kan jou lewe nie verleng nie, maar jy kan dit verseker verkort.

Dankie……. Nee dankie.

Ekwilibrium ·

Miskien moet ons Boere begin bou aan ‘n reuse drywende Volkstaat! Dan verruil ons ons landbouvernuf vir viskunde; die oseaan word dan ons ver verlate vlaktes waar die sonar antwoord gee… Dan kan NIEMAND ons meer pla oor die bleddie grondkwessie nie…

AH ·

Ek hou van jou idee, Ekwilibrium, klink salig! Dit sou wonderlik wees as ‘n mens so ‘n drywende onafhanklike staat kon skep! Mens mag maar droom………

Verstom ·

Dit sal die lekkerste ervaring wees, ooit. Wil iemand my en my man borg?????/ :) Only made for the rich and the famous. Ons gewone salaristrekkers kan net daaroor droom.

Lekkerder ·

Beste vakansies ooit – gaan nou op my 5de cruise vakansie.

LB S ·

Ek was op een van die Durban – Bazaruto vakansies klompie jare teurg en dit was heerlik, ja sal dit binnekort weer beplan. Maar hierdie boot, alhoewel fantasties en seker net vir die rykste van die rykes bedoel, staan my nie aan nie. Dit sal kompleet voel of jy in Umhlanga of iewers vakansie hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.