Gru-aanval by Sweedse skool eis twee

Polisie en paramedici buite die Malmo Latin School, ’n hoërskool in Malmö, Swede. (Foto: Johan NILSSON / AFP)

Twee vroue is Maandag tydens ’n gewelddadige mesaanval by ’n hoërskool in die suide van Swede dood.

’n 18-jarige leerder is sedertdien in hegtenis geneem in verband met die aanval by die Malmo Latin School, ’n hoërskool in Malmö, Swede se derde grootste stad.

Die vroue was albei in hul vyftigs en werknemers by dié skool.

Daar was sowat 50 mense by die skool toe die vermeende aanvaller Maandagmiddag glo met ’n mes en ’n byl op die skool toegeslaan het.

Plaaslike media berig die vermeende aanvaller het ná die aanval die noodnommer gebel om te sê waar hy is. Hy het ook in dié oproep erken dat hy twee mense vermoor het en sedertdien sy wapens neergelê het.

Die polisie is om 17:15 van die voorval in kennis gestel. Die verdagte is kort na die eerste polisiebeamptes se aankoms op die toneel in hegtenis geneem. Die verdagte het hom nie teëgesit nie.

Dit lyk in dié stadium of die verdagte alleen opgetree het.

“Daar lê nog baie werk vir ons voor om te verstaan ​​wat gebeur het en wat die motivering agter hierdie afgryslike daad was,” sê Asa Nilsson, een van die hoofondersoekers in die saak.

’n 16-jarige seun is in Januarie in die suide van Swede in hegtenis geneem nadat hy ’n student en ’n onderwyser in Kristianstad gewond het.

Dié saak word verbind met ’n soortgelyke aanval in Augustus in die dorp Eslov, sowat 50 kilometer daarvandaan, toe ’n student ’n 45-jarige skoolwerker aangeval het.

Daar is egter in die stadium nog geen verbintenis met die aanvalle en die jongste voorval in Malmö gevind nie.

Die Sweedse polisie sal na verwagting Dinsdag meer inligting rakende die voorval tydens ’n mediakonferensie bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

Die algehele verval in die wêreld is skrikwekend.

Nardus

Nou gaan die pienk liberaliste seker nou messe verban of sê jy moet ‘n lesensie hê vir ‘n mes.???? Maar ja die wêreld is in ‘n gemors.

Jaco

Wat dan nou van die liberale hoogheilige Swede se menseregte wat glo die res van die wêreld ver vooruit is????