Gruvonds in Sri Lanka-gesin se tuin

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gesin in Sri Lanka het in hul tuin op die oorskot van minstens nege mense afgekom.

“Die gesin het Vrydag op dié gruvonds afgekom toe hulle die tuin skoon gemaak het,” het Ajith Rohana, woordvoerder van die polisie, gesê. Die gesin woon in Puthukkudirippu in die noordelike distrik van Mullaittivu.

“Die oorskot van nege mense is tot dusver ontdek en die beendere is na die regsmediese beampte gestuur vir verdere analise,” het Rohana aan verslaggewers gesê.

Beamptes het ʼn paar dae vantevore bevestig 80 liggame is in ʼn ongemerkte massagraf in Mannar ontdek. Dit is die eerste graf wat in die voormalige oorlogsone ontdek is sedert soldate vyf jaar gelede ʼn sege behaal het oor die Tamil-rebelle.

Volgens die Verenigde Nasies het ongeveer 100 000 mense tussen 1972 en 2009 in Sri Lanka gesterf tydens die etniese oorlog. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.