Gruvonds van talle lyke in trok gemaak

Foto: @lindseyhilsum / Twitter

Foto: @lindseyhilsum / Twitter

Die liggame van soveel as 50 vlugtelinge is Donderdag in ʼn vragmotor in die ooste van Oostenryk gevind.

Die Oostenrykse polisie het gesê die vragmotor is omstreeks 06:00 (Oostenrykse tyd) deur plaaslike polisiebeamptes langs ʼn snelweg buite Wene opgemerk, maar die beamptes het nie dadelik ondersoek ingestel nie. Die vragmotor se leunwa is eers omstreeks 11:30 oopgemaak, waarna die liggame gevind is.

Niemand het oorleef nie. Hoewel die dodetal nog nie bevestig is nie, vermoed die polisie daar is tussen 20 en 50 vlugtelinge in die wa. Die polisie kon nog nie bevestig waar die vlugtelinge vandaan kom nie, maar daar word vermoed hulle was van Sirië en Afganistan.

Hulle is vermoedelik dood weens ʼn tekort aan water of suurstof. Die bestuurder van die vragmotor word nog deur die polisie gesoek.

ʼn Boot vol vlugtelinge het intussen aan die Libiese kus gesink. Volgens berigte het honderde vlugtelinge omgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

Ek kyk baie na die vlugtelinge op die bote en dan wonder ek, is dit een van die dae ons lot ook!!!!See invaar om te probeer aan die lewe bly.

Winston ·

Pop ek het ook al gewonder. Ons sal ons eie bote moet bou. Die regering sal nie voorsien nie. Ons kan in Afrika petrol of diesel koop want dis baie goedkoper daar. Dan roei ons maar as dit opraak. Weet nog nie waarheen toe nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.