Gyselaarsdrama ontvou in Apple-winkel

Skade aan die iStore in Leidseplein, Amsterdam. (Foto: Olaf Kraak / ANP / AFP)

Minstens een persoon is Dinsdag by ’n iStore in Amsterdam, Nederland, gyselaar gehou voordat die verdagte in hegtenis geneem is ná ’n beleg wat etlike ure geduur het.

Die Nederlandse polisie het verskeie spesiale eenhede na die selfoonwinkel in Leidseplein in die middestad ontbied nadat beamptes omstreeks 17:40 van ’n gewapende roof wat in ’n gyselaarsdrama ontaard het, in kennis gestel is.

Die polisiebeamptes kon eindelik die verdagte oorrompel deur hom skrams met ’n polisievoertuig om te stamp toe hy uit die winkel gehardloop het. Die gewapende man het vandaar ’n ruk lank in die straat bly lê terwyl ’n robot hom vir plofstof deursoek het.

Die gyselaar – wat ure lank aangehou is – is ná die voorval bevry en ongedeerd.

Die polisie het tydens ’n mediakonferensie gesê die aanvaller was ’n 27-jarige inwoner van Amsterdam wat ’n groot bedrag geld in kripto-geldeenheid geëis het.

Foto’s van die gyselaarsdrama het sedertdien die lig op sosiale media gesien. Daar kan in die foto’s gesien word hoe ’n man ’n vuurwapen in een hand swaai terwyl hy met sy ander arm ’n persoon vashou.

Bronne: BBC, AFP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Reynier ·

Sekerlik ‘n asiel soeker, wat sy maniere daar kom uithaal

Arno ·

Die man is eintlike gebore in Amsterdam en bly al daar sy hele lewe. Hulle het nog nie sy naam bekend gemaak nie wel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.