Haai gryp langafstandswemmer in Kalifornië

Mede-swemmers en lewensredders help Steven Robles uit die water ná die aanval. Foto: Laura Joyce, goofyfootphotography.com

Mede-swemmers en lewensredders help Steven Robles uit die water ná die aanval. Foto: Laura Joyce, goofyfootphotography.com

Steven Robles, ‘n langafstandswemmer, is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Saterdag aan die kus van Manhattan in die suide van Kalifornië deur ‘n witdoodshaai aangeval is.

Die voorval word as ‘n frats beskou, aangesien die haai in daardie stadium al 45 minute lank gespook het om los te kom nadat ‘n hengelaar hom van die kaai af aan die hoek gekry het. Robbles het onwetend reg op die haai afgeswem. Na Robbles aangeval is, het die hengelaar die lyn gesny.

Haaiaanvalle aan beide kuste van die VSA neem toe weens bewaringsmetodes wat tot die toename in haaibevolkings lei, en ook meer mense wat die water aandurf.

In 2013 was daar 47 onuitgelokte haaiaanvalle in die VSA, waarvan net twee noodlottig was. Dit word as “binne die normale frekwensie” sedert 2000 beskou. Van 1970 tot 2000 het haaiaanvalle geleidelik toegeneem.

Bronne: Christian Science Monitor, The Independent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Ek dink julle het dit verkeerd oor die haaiaanvalle wat toeneem!!! En dis definitief ook nie die haaibevolkings wat toeneem se skuld vir meer haaiaanvalle nie.

Published: February 17th, 2014: The world experienced the lowest number of shark attacks since 2009, although fatalities in 2013 were above average, according to the University of Florida’s International Shark Attack File report released today.

The U.S. saw a decrease in attacks with 47, lower than the 2012 total of 54, which was the highest yearly total of the current century. There were 10 fatalities worldwide, which is higher than the 10-year average from 2003-2012

“When sudden increases in shark attacks occur, usually human factors are involved that promote interactions between sharks and people,” Burgess said. “Shark populations are not in a growth phase by any means, so a rise in the number of sharks is not to blame. However, we can predict with some reliability that shark attacks will concurrently rise with the growth of human populations, a trend we saw throughout the past century.”

Traditionally leading the world in shark attacks, North American waters saw 34 attacks in 2013 compared with 43 in 2012. Yearly fluctuations in attacks are normal because changes in ocean systems and economics, and human conditions affect the opportunities for humans to encounter sharks.

Hier is die link! http://news.ufl.edu/2014/02/17/shark-report-2014/

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.