‘Haatmisdaad’ eis nege by VSA-kerk

Die toneel voor die kerk. Foto: Facebook

Die toneel voor die kerk. Foto: Facebook

Nege mense is Woensdagaand doodgeskiet by ʼn Afro-Amerikaanse kerk in Charleston, Suid-Carolina.

“Ek glo dit was ʼn haatmisdaad,” het Gregory Mullen, polisiehoof, tydens ʼn mediakonferensie gesê. Volgens Mullen is agt mense by die Emanuel African Methodist Episcopal kerk dood, terwyl ʼn negende slagoffer in die hospitaal oorlede is.

Mullen het gesê die verdagte is ʼn 21-jarige wit man en dat hy steeds soek is. Joe Riley, burgemeester van Charleston, het gesê die verdagte het by die kerk ingestorm en op kerkgangers losgebrand terwyl hulle besig was om te bid. “Die enigste rede waarom iemand in ʼn kerk sal instap en op mense wat bid skiet, is uit haat.”

Die kerk, wat in 1891 gebou is, het een van die grootste swart gemeentes in die streek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rupert Ashford ·

Interessant, weereens word die aanvaller in die eerste berig oor die saak as ‘n wit man uitgewys. In meeste gevalle moet mens grou en grou om uit te vind hoe die aanvaller gelyk het as hulle nie wit was nie…:-)

Joe64 ·

Klink maar dieselfde as plaasaanval, hoe kom dit in die Suid Afrikanse koerante?

Peet Schabort ·

In 1993 het presies dieselfde gebeur in die St James-kerk in Kenilworth, Kaapstad toe 11 doodgeskiet is en 58 gewond is deur lede van APLA.
Die grootste grap is dat die lieg-en-bieg-kommissie in 1998 hul vrygespreek het van hul dade.

Rupert Ashford ·

Wat ek ook aan gedink het Peet. Is daar nie strate na daarmee “vryheidsvegters” vernoem nie? Nou sien ek die klein gemors staan nog met ‘n ou SA vlag op sy baadjie. Ek is vrede met hom en sy motiewe/ versteurings, maar hy kan maar sy battles fight onder Sy eie vlag en asb ons goed uitlos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.