Haïti-aardbewing: Meer as 12 000 nou beseer

Burgers het tydelike skuilings opgerig. (Foto: Reginald Louissaint Jr/AFP)

Byna 2 200 mense is nou al dood in die aardbewing wat Haïti oor die naweek getref het. Meer as 12 200 mense is boonop beseer en ʼn onbekende aantal slagoffers is steeds onder die puin begrawe.

ʼn Aardbewing van 7,2 het Saterdag ongeveer 160 km wes van die digbevolkte hoofstad Port-au-Prince plaasgevind.

Die VN se kinderfonds (Unicef) het gesê meer as ʼn halfmiljoen kinders word deur die ramp beïnvloed nadat altesaam 77 000 geboue beskadig is en byna 53 000 heeltemal verwoes is.

Naskokke het dae ná die aardbewing steeds in Les Cayes gewoed, terwyl burgers tydelike skuilings in velde probeer bou het.

Intussen het die regering ʼn maand lange noodtoestand in die vier provinsies wat deur die aardbewing geraak is, aangekondig.

Agt militêre helikopters uit Honduras is ook deur Amerika gehuur om mediese ontruimingspogings voort te sit. Sowat 40 mense is reeds vir noodbehandeling ontruim. ʼn Amerikaanse vlootskip het Woensdag in Haïti aangekom met ʼn span chirurge aan boord wat in verskeie veldhospitale gaan werk.

Die jongste aardbewing volg net ʼn maand nadat pres. Jovenel Moise in ʼn sluipmoordaanval dood is. Die polisie en militêre magte is ontplooi om te sorg dat noodvoorraad slagoffers kan bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Realis Thailand ·

Ek het geen simaptie vir hulle het nog niks gedoen oor die 2008 aarbewing na Japan na drie maande hulle 2011 aarbewing en Tsunami opgeruim het
Laat hulle vir hulself sorg en nie wag op die VSA en ander lande nie
Dit is ook n gefaalde staat net soos die res van afrika suid van die Sahara
Moet aub nie weer verwyder nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.