Haiti se eerste minister bedank ná betogings oor petrolprys

Haiti se eerste minsiter dr. Jack Guy Lafontant (Foto: AP Photo/Dieu Nalio Chery)

Haiti se eerste minister het Saterdag bedank te midde van gewelddadige betogings oor ʼn plan om die brandstofpryse dramaties te verhoog.

Pres. Jovenel Moise het op Twitter gesê eerste minister Jack Guy Lafontant het sy bedanking ingedien en hy het dit aanvaar.

Lafontant se bedanking kom net voor hy ʼn mosie van wantroue in die land se laer huis van die parlement in die gesig sou staar en dit waarskynlik sou verloor.

Minstens sewe persone het vroeër vandeesmaand tydens gewelddadige betogings gesterf oor ʼn plan om die petrolprys met tot 50% te verhoog. Betogers het buitebande aan die brand gesteek, winkels geplunder, en motors in die hoofstad, Port-au-Prince, aan die brand gesteek. Daar was ook betogings in ander dele van die land.

Lafontant het later die plan laat vaar.

Haiti is die armste land in die westelike halfrond en steun swaar op finansiële hulp van buite.

Korrupsie en geweld is algemeen in dié Karibiese land en betogings teen die regering is gewoonlik gewelddadig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DS ·

Die laaste paragraaf kon net sowel ‘n beskrywing van Suid-Afrika gewees het.

ES ·

Wil jy nou meer… nog ‘n arm land waar die burgers bande brand en plunder. Dis net jammer hierdie land se president bedank nie – hy stook sommer die vuur…

Jef ·

Haiti armste land in die westelike halfrond en binnekort is SA die armste land in die suidelike halfrond.

Diefie ·

SA is ‘n pragtige voorbeeld vir die buiteland hoe om buitebande ten volle te gebruik.

Afrikaner ·

Dalk tyd dat ons dit hier ook doen oor die petrolprys want ons almal weet dit word gelaai vir ANDER SE SAKKE … die verskil is net hier is die presidente so dikvellig hulle loop nie self nie, jy moet hulle FORCE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.