Hamas dreig oor gyselaars; Israelse bombardering duur voort

Israeliese pantservoertuie keer terug van die Palestynse gebied. (Foto: GIL COHEN-MAGEN / AFP)

Israel het Maandag suidelike Gaza se hoofstad, Khan Yunis, gebombardeer nadat Hamas aangedui het dat géén Israeliese gyselaars die gebied lewend sal verlaat tensy daar aan die militantegroep se eise vir vrylating van gevangenes voldoen word nie.

Volgens Israel word daar in dié stadium nog 137 mense in Gaza as gyselaars gehou. Aktiviste sê weer daar is nog sowat 7 000 Palestyne in Israeliese tronke.

Katar werk intussen aan nog ʼn moontlike wapenstilstand – soortgelyk aan die aanvanklike wapenstilstand waartydens 80 Israeliese gyselaars vir 240 Palestynse gevangenes en humanitêre hulp verruil is.

Intussen pleit noodledigingsorganisasies by Israel om meer te doen om burgerlikes te midde van die oorlogvoering te beskerm.

Die Israeliese weermag het burgerlikes vroeër gevra om skuiling in die suide te gaan soek, maar nadat die oorlog uitgebrei is om ook teikens daar in te sluit, is daar nou min veilige plekke vir burgerlikes om te skuil.

Herzi Halevi, Israel se weermaghoof, het Sondag gesê sy troepe gebruik “aansienlike geweld” in Gaza en het reeds “beduidende prestasies” in die oorlog behaal.

Halevi het Sondag gesê die weermag het meer as 250 teikens in 24 uur getref, waaronder ʼn “Hamas- militêre kommunikasieterrein”, “ondergrondse tonnelskagte” in die suide van Gaza, en ʼn Hamas- militêre bevelsentrum in Shejaiya in Gazastad.

Karteringsagteware wat deur Israel se weermag gebruik word om nie-vegtende sterftes te probeer verminder, is Sondag deur Lynn Hastings, die Verenigde Nasies (VN) se humanitêre koördineerder vir die Palestynse gebiede, as onvoldoende veroordeel.

“ʼn Eensydige verklaring deur ʼn besettende mag dat lappies grond sonder infrastruktuur, kos, water, gesondheidsorg of higiëne wel ‘veilige sones’ is, beteken nie dat dit veilig is nie,” het Hastings gesê.

Slegs 14 van Gaza se 36 hospitale funksioneer tans, aldus die VN se humanitêre agentskap OCHA.

“Gaza se gesondheidstelsel is op sy knieë en stort ineen,” sê Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie.

AFP het dit wat oor is van die Al-Shifa-hospitaal in Gazastad besoek en gevind dat minstens 30 000 mense in die puin skuiling gevind het nadat Israeliese magte verlede maand op die mediese fasiliteit toegeslaan het.

“Ons bestaan het ʼn lewende hel geword; daar is geen krag, geen water, geen meel, geen brood, geen medisyne vir die kinders wat almal siek is nie,” sê Mohammed Daloul (38), wat saam met sy vrou en drie kinders daarheen gevlug het.

Die VN se Algemene Vergadering sal Dinsdag byeenkom om die situasie in Gaza te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

De Bok ·

Ek is seker Israel sal bereid wees om “meer te doen om burgerlikes […] te beskerm” sodra Hamas meer doen om nie burgerlikes as mens-skilde te gebruik nie.

Schalk ·

Ek wonder hoekom almal Israel nou wil uitmaak as die sondebok? Ek kan nie onthou dat daar wereld optogte, en onlus was nadat Amerika en sy bondgenote Irak vernietig het nie, daar is honderde duisende mense dood, vegters en burgerlikes, nie die Rooikruis, VN om enige ander menseregte groepe het Amerika voorgeskruif van hoe om dit te hanteer nie. Hierdie is n duidelike bewys dat die grootste dele van die wereld nie n probleem het as Jode geteiken en vermoor word nie. Die beste wat Israel op die stadium moet doen is om die wereld te ignoreer en sy grondgebied en burgerlikes se voortbestaan te verseker en Hamas totaal vernietig. Daar is ongelukkig te veel Hitlertjies daar buite.

Johann ·

En so word die menslikheid van die mensdom getoets. Van die een ekstreem na die ander…almal met ‘n regverdiging vir hulle optrede?

Anel ·

Nou verstaan ek nie so lekker nie. Ek was onder die indruk dat Hamas Israel aangeval het, jongmense by ‘n musiekfees vermoor het, babas in hul bedjies vermoor het en oor die 200 mense ontvoer het? Nou is die terroriste bende die veronregtes? Israel, madk hulle met die grond gelyk! Eie is hulle om nou eise te stel????

Stefan ·

Toe die Hamas terroriste op 7 Oktober burgerlikes in Israel aangeval en op die wreedste maniere doodgemaak het, het die mense in Gaza in die strate gejubel en juig daaroor. Nou dat Israel besig is om Hamas tussen hulle uit te roei huil hulle. Wat het hulle verwag?

Carel ·

Israel se oorspronklike doelwit was om alle TOEKOMSTIGE terroriste aanvalle te ontmoedig.
Die absolute hel wat hulle op Hamas ontken het, het Hezbollah, Qatar, Iran en alle ander vyandig gesinde moondhede, tot op hede in toom gehou.
Daar bestaan tans by NIEMAND enige illusies, oor wat met jou gaan gebeur, indien jy skoorsoek met Israel nie.
Internasionale Wet dikteer dat jy jouself mag beskerm, VERAL teen ‘n ras wie se oogmerk dit is, om jou uit te moor

Sean ·

Laat die Palestinians hamaz uitlewer aan Israel en die oorlog beindig So maklik so dit

andre ·

En ewe skielik praat niemand meer oor die Oekraiene nie .Stil stil het Rusland se spesiale operasie geslaag. Dieselfde gaan hier gebeur ,kom ons kyk. Tussen Hamas en Israel gaan die een wat die meeste onskuldiges vermoor het aan die pen ry.

Marthinus W ·

Amerika het omtrent 20 PMC’s [huursoldategroepe]. Een van hulle is Forward Observations Group [FOG]. Van hulle lede het in Oekraine geveg, en hulle spog nou op solsiale media – mede fotos en videos – dat hulle namens Israel in Gaza veg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.