Hamas erken ontvoering en moord op Israelse jonges

Die drie tieners wat in Israel ontvoer en vermoor is. V.l.n.r. Eyal Yifrach (19), Naftali Fraenkel (16) en Gil-ad Shaar (16) Foto: timesofisrael.com

Die drie tieners wat in Israel ontvoer en vermoor is. V.l.n.r. Eyal Yifrach (19), Naftali Fraenkel (16) en Gil-ad Shaar (16) Foto: timesofisrael.com

Hamas het na berig word vir die eerste keer erken dat die ontvoering en moord op drie Israelse jeugdiges sy werk was.

Tot dusver het Hamas volstrek geweier om verantwoordelikheid vir die voorval te aanvaar. Dié erkenning sou in Turkye gemaak gewees het. Verskeie media berig dat daar duidelik op ‘n video wat tydens ‘n vergadering van geestelikes in Istanboel gemaak is, gehoor kan word hoe ‘n afgevaardigde van Hamas sê: “Daar word gesê dat dit ‘n Israelse komplot-teorie is, maar ek sê dit is nie so nie.” Volgens hom was die moord en ontvoering ‘n blyk van solidariteit met Palestyne wat deur Israel aangehou word.

Hierdie voorval het geëskaleer tot die volskaalse konflik tussen Israel en Hamas.

Intussen het Hamas erken dat drie van sy leiers dood is toe Israel ‘n huis in Rafa gebomdardeer het. Hamas se militêre leier, Mohammed Deif, se huis het ook Dinsdag deurgeloop, maar hy het volgens bronne ontkom. Sy swanger vrou en ‘n tweejarige kind is egter na berig word in die aanval dood.

Die VN-Veiligheidsraad het intussen opnuut ‘n beroep op die partye gedoen om oor ‘n vreedsame skikking te onderhandel.
Bronne: Belga, ANP, ANP.NL

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.