Hamergooi-kampioen sterf op 66

Yuriy Sedykh (Foto: http://goudodtcfz.krgv.gov.spb.ru/news/38799 via Wikimedia Commons)

Die Olimpiese kampioen Yuriy Sedykh, wie se wêreldrekord vir hamergooi nog steeds staan, is in die ouderdom van 66 oorlede, het die Europese Atletiekfederasie Dinsdag gesê.

Sedykh, wat vir die USSR deelgeneem het voor hy later ʼn Oekraïense burger geword het, het die wêreldrekord ses keer in sy loopbaan oor 15 jaar verbeter.

Die laaste van dié rekords, ʼn gooi van 86,74 m op 30 Augustus 1986 in Stuttgart, is nog nooit oortref nie.

Sedykh het in 1976 Olimpiese goud in Montreal ontvang en in Moskou vier jaar later. Hy het nie in 1984 aan die Spele in Los Angeles deelgeneem nie, weens ʼn boikot teen die Sowjet-blok. Hy het in 1988 teruggekeer en ʼn silwer medalje in Seoel verower.

Hy het ook goud ontvang by die wêreldkampioenskap in Tokio in 1991 en is drie keer as die Europese kampioen aangewys.

“Ons betreur die afsterwe van Yuriy Sedykh,” het die paalspringlegende Sergey Bubka op Twitter gesê. Bubka is ook die hoof van die Oekraïense Olimpiese Komitee en, soos Sedykh, ʼn voormalige Sowjet-atleet en houer van verskeie wêreldrekords. “Yuriy was vir my ʼn vriend, ʼn wyse mentor en ek sal vir altyd dankbaar wees dat hy sy lewenservaring en menslike waardes gedeel het.”

Sedykh is een van slegs twee gooiers, saam met sy landsgenoot Sergey Litvinov, om die hamer verder as 86 m te kon gooi.

Grigory Rodchenkov, wat die fluitjie geblaas het oor Russiese atlete wat verbode middels gebruik, het Sedykh egter later daarvan beskuldig dat hy steroïdes gebruik het.

Sedykh het ná sy loopbaan na Frankryk verhuis met sy tweede vrou Natalya Lisovskaya, ook ʼn voormalige Sowet-atleet. Haar gewigstootrekord van 22,63 m staan ook al sedert 1987.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Smoothie ·

Nee Linda. Mariaan volgens Washington Post is hy oorlede aan hartaanval. Sien 14 Sept 2021 et al. Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.