
Lewis Hamilton. (Foto: xpbimages.com/Pool via AP)
Mercedes sal sonder Lewis Hamilton vir hierdie naweek se Grand Prix in Bahrein moet klaarkom nadat die 35-jarige renjaer positief vir Covid-19 getoets het.
Die nuus is vanoggend deur F1 op sosiale media bevestig.
Volgens die F1-beheerliggaam is Hamilton drie keer verlede week getoets en die uitslag was elke keer negatief. Hy het egter Maandagoggend met ligte simptome wakker geword, terwyl hy ook meegedeel is dat ’n persoon met wie hy in kontak was positief vir die virus getoets het.
Die Brit het vir nog ’n toets gegaan en hierdie keer was die uitslag positief. Volgens Covid-19-regulasies is hy tans in selfisolasie in Bahrein.
Mercedes het op sy amptelike Twitter-rekening geskryf dat hy binnekort ’n plaasvervanger vir Hamilton sal aanwys.
Hamilton het tydens die Turkse Grand Prix die legendariese Michael Schumacher se rekord van sewe wêreldtitels geëwenaar.
Maroela Media het vroeër berig dat Hamilton steun in die Britse parlement geniet en sir Jeffrey Donaldson, voorsitter van die All-Party Parliamentary Group on Formula 1, het gesê dat die tyd reg is om die renjaer tot ridder te slaan.
“Ons steun die beweging dat Lewis Hamilton nasionale erkenning vir sy ongelooflike sportprestasies moet ontvang. Te midde van sy wonderlike jaar glo ons dat dit die regte tyd is om dit te doen,” het Donaldson gesê.
— Mercedes-AMG PETRONAS F1 Team (@MercedesAMGF1) December 1, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Wonder by wie gaan hy kla hieroor. Dalk nou op albei knieë staan?
Ek dink daar is baie geesdriftiges wat uitsien na ‘n nuwe wenner vir ‘n slag.
Uhm, ek dog die Bahrein Grand-Prix was die 29ste? Dit was eergister. Waar is hierdie komende naweek se Grand-Prix dan?
Ironies dat dié aktiviste knie buig, en skree BLM en as hy ‘n sir kan word is dit ‘n groot koloniale “yes please”.
Sal Mercedes uit eindelik vir Bottas die selfde kar en ondersteuning gee as vir Lewis?
Dalk ‘n plan, sit vir Mick Schumacher in die Ferrari en vir Vettel in die Mercedes?
Of gaan Paul di Resta weer kans kry? Of dalk Nico Hulkenberg?
Ek wag in spanning!