Hamilton wil naam verander

Lewis Hamilton. Foto: Ozan Kose/AFP.

Lewis Hamilton (37) beplan glo om sy naam te verander om sy ma, Carmen Larbalestier, se van in sy naam te sluit.

BBC berig dat die sewemalige Formule 1-wêreldkampioen “Larbalestier” as ʼn middelnaam sal insluit eerder as om dit by sy van te voeg.

“Ek is regtig trots op my familie se naam. My ma se van is Larbalestier en ek gaan dit by my naam voeg,” sê Hamilton.

“Ek wil hê haar naam moet saam met die Hamilton-naam voortleef.”

Die Mercedes-renjaer het voor die begin van die 2022-seisoen, wat hierdie naweek begin, gepraat, en bygevoeg dat hy nie eintlik die idee verstaan waarom ʼn vrou haar van verloor as sy trou nie.

Hamilton se ouers is geskei toe hy ’n kind was. Hy sê hy werk tans aan die naamsverandering, hoewel dit nie teen Sondag amptelik sal wees wanneer die Grand Prix in Bahrain afskop nie.

Hy keer vanjaar vir die nuwe seisoen terug na ʼn mate van onsekerheid oor sy deelname ná verlede jaar se omstrede eindstryd in Abu Dhabi. Hamilton se toekoms by F1 het onseker geblyk toe Max Verstappen met die beker weggestap het.

Hy het egter verlede maand op Twitter gesê: “Ek was weg, maar nou is ek terug.”

“Ek het teruggekom om vir daardie agtste (titel) te veg – dit is waarvoor ek hier is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Blikkies ·

Carmen Hamilton……of Lewis Lalbalespiertier…..Jy kan jou naam verander nes jy wil, dit sal jou nie ‘n beter mens maak nie, en glad nie jou arrogante houding verander nie.

Marius ·

“Eer jou Vader en jou Moeder”. Dit is ‘n mooi manier om sy Moeder te vereër. As kind vanuit ‘n gebroke huwelik glo ek hy het ‘n goeie porsie van minder goeie oomblikke beleef. Almal verdien ‘n tweede kans.

Kobus ·

Sir Hamilton, stel voor jy stig ‘n liefdadigheidsorganisasie ter ere van jou moeder. Jy is mos baie bekommerd oor armoede en benadeeldes.

Harley Davidson ·

Wat van Hamilton saartjie baardman dan is daar ‘n boot na hom vernoem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.