Handelaar ‘jammer’ oor Kate Spade-e-pos

Kate Spade. (Argieffoto)

ʼn Modehandelsmerk in die VSA sit met eier op sy gesig ná ʼn advertensieveltog wat as “uiters onsensitief” deur verbruikers beskryf word.

“Kom hang saam met Kate Spade” was onlangs die onderwerp van ʼn e-pos wat die Amerikaanse kleinhandelaar Ulta Beauty gekies het om een van die jongste produkte onder dié bekende modehandelsnaam te bemark.

Die e-pos het egter kritiek van ontvangers ontlok wat dit as onsensitief beskou het, aangesien Spade, ʼn modeontwerper en medestigter van die Kate Spade New York-modehuis, haarself in 2018 opgehang het.

NBC News berig dat die e-pos aan kliënte gestuur is om Kate Spade New York se parfuum, Sparkle, te bemark. Ulta Beauty het intussen om verskoning vir sy “uiters swak woordkeuse” gevra en dit aan ʼn menslike fout toegeskryf.

“Die spanne van Ulta Beauty is mense, en dit was werklik ʼn fout wat geen kwade bedoelings gehad het nie,” lui die kleinhandelaar se verskoning in ʼn tweede e-pos.

Ulta Beauty het Kate Spade New York voorts geprys vir die “vreugde wat dit tot die skoonheid- en modebedryf bydra”.

“Geestesgesondheid is ʼn baie ernstige, belangrike kwessie in die land [VSA] en nie iets wat ons ooit ligtelik sal opneem nie,” het Eileen Ziesemer, woordvoerder van Ulta Beauty, in ʼn verklaring gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Windhond ·

So sy word nou vir die res van haar lewe gestenig – tree aan almal wat wil klippe gooi en nog nooit selfmoord oorweeg het nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.