Hardlopers deur swerm perdebye aangeval

Perdeby Foto: thelife-animal.blogspot.com

Perdeby Foto: thelife-animal.blogspot.com

Hardlopers wat Saterdag aan ʼn oriëntasiewedloop in die Tsjeggië deelgeneem het, moes ʼn onverwagse hindernis oorkom toe ʼn swerm perdebye op hulle toegesak het.

Nooddienste moes agt ambulanse en een helikopter ontbied om die 30 beseerdes by die byeenkoms in Libin, sowat 90 km oos van Praag, te behandel. Vier mense is in die hospitaal opgeneem.

“Die perdebye het die deelnemers net ná die wegspring aangeval,” het Ivo Novak, woordvoerder vir die nooddienste, in ʼn verklaring gesê. “ʼn 44-jarige vroulike deelnemer het ʼn allergiese reaksie getoon nadat sy ʼn paar keer gesteek is. Sy het moontlik te naby aan die perdebynes verbygehardloop.”

Twee vroue en twee mans is na ʼn hospitaal geneem.

Deelnemers aan ʼn oriëntasiewedloop moet van navigasievaardighede gebruik maak om van een kontrolepunt na ʼn volgende kontrolepunt te hardloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Jasper, lmga…moet vir jou se, ek ken hierdie karnalies…baie, baie geniepsig…perdeby steek is baie eina.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.