Harry en Meghan lê finaal tuig neer

Prins Harry en sy vrou Meghan, hertog en hertogin van Sussex. Foto: (Daniel Leal-Olivas/Pool Photo via AP, file)

Koningin Elizabeth het Vrydag aangekondig dat haar kleinseun prins Harry en sy vrou, Meghan Markle, nou finaal van hul koninklike pligte onthef word.

Dít nadat hy onlangs aan die koningin bevestig het dat hulle inderdaad nie hul koninklike pligte sal hervat nie. Die twee het ʼn jaar gelede aangekondig dat hulle al hul koninklike pligte staak en het intussen na Amerika verhuis waar hulle verskeie kommersiële projekte onderneem het, waaronder die ondertekening van ʼn ooreenkoms met Spotify om podsendings te vervaardig wat “opbouende en vermaaklike stories” vertel. Die egpaar het ook ʼn kontrak met Netflix onderteken, wat na berig word miljoene dollars werd is, om treffende rolprente en reekse te vervaardig.

Maroela Media het ook vroeër berig dat hulle nou hul tweede kind verwag.

Die koningin het die paartjie aanvanklik ʼn jaar gegee om te herbesin. “Die hertog en hertogin van Sussex het intussen aan die koningin bevestig dat hulle nie as werkende lede van die koningshuis sal terugkeer nie,” het Buckingham-paleis Vrydag in ʼn verklaring gesê.

In reaksie het die koningin die militêre eretitels, pligte en koninklike aanstellings wat aan die paartjie toegeken is, teruggetrek. Dit sal nou aan ander lede van die koninklike familie uitgedeel word. Volgens Royal Central sal die paartjie dus nie meer as beskermheer vir organisasies soos die koningin se statebondtrust, die vereniging van statebonduniversiteite en die koninklike nasionale teater optree nie.

Die paartjie se vertrek uit die koninklike diens, wat deur die Britse pers as Megxit gedoop is, is met veel meer gemengde reaksie begroet as toe hulle trouseremonie in 2018 in Windsor Castle wêreldwyd gekyk is.

Gerugte oor ʼn skeuring tussen Harry en sy broer, prins William, het ook kort daarna die ronde begin doen.

Sedert die paartjie se vertrek het hulle verskeie regsgedinge aanhangig gemaak teen koerante oor ʼn inbreuk op hulle privaatheid.

Meghan het juis Donderdag ʼn saak teen Associated Newspapers in Brittanje gewen. Die hofsake het kritiek ontlok omdat die egpaar hulself in die openbare oog plaas met talle opspraakwekkende kommersiële projekte.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hennie ·

Yip, stem saam! Bloedsuiers wat op die belastingbetalers teer….

Sarel ·

Aijaijai nou is hulle slegs gewone mense sonderdie roem dn titel van die Britse Koningxhuis.
Sodra dinge moeilik gaan sal Meghan haar self openbaar. Wat van die kinders……en hille bande met Britane.. gazn dit hille ontneem word

Cecilia ·

Jippie. Kan ons nou aan beweeg asb. Harry was nog altyd n klei rammethie uit nek. Laat hy sy geld gaan verdien in USA Dit gaan nie baie lank hou nie. Hy is nie gewoond aan harde werk nie. En sonder sy Titels is hy niks net n gewone Engelsman wat gaan moet werk vir sy geld. Ek hoop d Queen sny sy toelae ook af. So hy is nou net Harry nobody. Harry kon nie errs d USA weermag/Lugmag plek kry nie met sy titels want d USA se hy is nie op hul verwagte standaard opgelei nie.
Megan gaan nou moet uit spring en geld verdien.

Debbie ·

Die mag wat party vroue darem oor n man kan he is verbasend

Peter Pan ·

Ja nee, sy het gekry wat sy wou he. En ek dink hy sal altyd ‘n prins bly. Ek kan verkeerd wees.
Maar sterkte aan hulle. Ek net so gevoel dit gaan nie meer lank hou nie…?

antieke antie ·

sy wag dat die duchess titel gevat word want sy wil prinses genoem word….. kerrie herrie en sy merrie gaan hopelik nou ook niks geld en beskerming kry nie…. die koningin moet alle voordele ook onttrek….. hy het baie beslis net sy kop gebruik en nie sy hoof nie

Hennie ·

Het hulle nie juis probeer om die kollig te vermy nie? Nou is hulle eers in die kollig…

Agge nee ·

En nog kry die klein ‘useless’ ‘n berg van ‘n toelaag by sy Pappa.

SomeOne ·

tot sy ouma daarvan uitvind, dan vlieg nie herrie nie, maar die vonke

Frans ·

Ai en dit net nadat Harry ;n tikkie kleur in die koninghuis gebring het.

Sarel ·

Harry moes tot nou toe al die opofferings doen sy Familie sy Land en die Diva het net demand. Sy het glo hasr versier op die Amerikaanse Politieke Terrein.
Kyk mooi Harry is binnekort heeltemaal bles.

Taylor ·

Almal gee vir Meghan die skuld. Harry het nog nooit van die koninklike lewe gehou nie en verwyt dit vir sy Ma se vroeë dood. Ek dink Meghan was net vir Harry die katalisator om te kon wegbreek van alles wat hy eintlik self verpes. Moenie julle asems ophou vir ‘n egskeiding nie. Dit gaan nie gebeur nie.

KB ·

Ten minste het íémand opgestaan teen die skewe persepsies vd koningshuis (al wás dit nou Harry). Ek het gedink William sou aard na prinses Diana (hul geliefde moeder), en meer ruggraat wys…maar toe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.