Harry en Meghan aan Oprah: ‘Ek is bang geskiedenis word herhaal’

Harry en Meghan tydens die onderhoud met Oprah (Foto: skermgreep uit die video)

Prins Harry blameer al lank die media se indringende gedrag en glo dit het tot sy ma, prinses Diana, se dood in 1997 bygedra. Hy het in sy mees onlangse onderhoud met die kletsprogramaanbieder Oprah Winfrey gesê hy is bang dat die geskiedenis hom kan herhaal.

Harry en sy vrou, Meghan, het Brittanje se monargie geskud toe hulle in Januarie 2020 aangekondig het dat hulle van hul koninklike titels en pligte onthef wil word.

Die televisienetwerk CBS het Sondag kort uittreksels van ʼn intieme onderhoud tussen Winfrey, Harry en Meghan bekendgestel. Die volle onderhoud sal na verwagting op 7 Maart beskikbaar wees.

Diana en haar twee seuns, Harry en William (Argieffoto)

“My grootste bekommernis is dat die geskiedenis herhaal word,” sê Harry in een van die uittreksels, vermoedelik oor sy ma wat in ʼn motorongeluk dood is nadat sy die paparazzi in Parys probeer ontvlug het.

Harry het al lank ʼn stram verhouding met die Britse poniekoerante.

“Ek is net regtig baie bly en verlig dat ek hier kan sit en met jou kan praat met my vrou aan my sy,” sê hy aan Winfrey terwyl hy Meghan se hand vashou.

“Ek kan my nie indink hoe dit vir haar (Diana) moes gewees het, om al die jare alleen deur hierdie proses te moes gaan nie.

“Dit was tot dusver ongelooflik moeilik vir ons twee, maar gelukkig het ons mekaar,” sê hy.

Die paartjie, wat op Valentynsdag vanjaar aangekondig het dat hulle hul tweede kind verwag, het al telkemale regstappe teen die Britse pers gedoen omdat hulle voel daar word inbreuk gemaak op hul privaatheid – waaronder teen Associated Newspapers wat verlede maand in Harry en Meghan se guns beslis is.

Prins Harry en Meghan verwag hulle tweede kind. (Foto: Twitter)

In ʼn seldsame onderhoud het Harry verlede week onthul dat hy sy koninklike lewe agtergelaat het juis om van die Britse media te ontsnap.

“Ons weet almal hoe die Britse pers kan wees, en dit het my geestesgesondheid vernietig,” sê hy aan James Corden op The Late Late Show.

“Ek het besef dit is toksies. So, ek het gedoen wat enige man en pa sou doen. Ek moes my gesin daar wegkry,” sê Harry, wat sedertdien saam met Meghan en hul seun, Archie, na die VSA verhuis het.

Buckingham-paleis het in Februarie aangekondig dat die paartjie amptelik en permanent van hul koninklike pligte onthef is ná ʼn jaar van reëlings tref en herbesinning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Sêmanet ·

Waarvan lewe hulle dan? Het hy dan begin werk? Die geld het seker saam met die pligte agtergebly.

Agge nee ·

Pappa betaal nog steeds elke maand miljoene BPonde vir kleinboet.

Francois Le Cochon ·

Met ‘n persoonlike rykdom van £30,000,000.00 (R620,000,000.00), het Harry nie nodig om te werk nie.

Samuel ·

Harry, jy het nie as man en pa uit Engeland padgegee nie, maar onder druk van jou vrou.

LANA is ELANè ·

Vlug vd media na die VSA maar daar kan hulle nie genoeg vd media aandag kry nie, verstaan nie lekker nie.
Hulle is oral, al verskil is hulle hoef hulle nie meer aan die Britse Koningshuis se protokolle te steur nie, kan nou sê wat hulle wil rondom feminisme, kleurgrense, politiek, omgewingsake, ens.

sopbeen ·

Weg kom van die media af…. Dan moet hulle in ‘n houthut diep in die bosse van Alaska gaan bly.

ElizeK ·

Siestog, ek wonder wanneer wil die twee groot word. Hulle was sooo desperaat gewees om van die media af weg te kom, maar plaas hulself klokslag “smack dab in the middle” want dit is wie hulle is: Aandagvrate

Nella ·

Ek glo dit was nie die Paparazzi wat vir Di se dood verantwoordelik was nie, maar n huurmoordenaar iewers aan die skoonfamilie se kant

Estelle ·

Vlug van die media, maar hulle voer ‘n onderhoud met Oprah? Duh….

MakersMark ·

Ag asseblief asof sy dieselfde vlak van media belangstelling sal aantrek as Diana. Wil ook maar gesien wees…….getrou aan die tipe.

Rentia ·

Ai Harry. Jy is in die publieke oog gebore. Jy kan dit nie ontsnap nie. DEAL DAARMEE!!
Gaan jy nou vir ewig in ‘n hoekie in Amerika wegkruip, grom vir elke media man of vrou wat naby jou kom, maar sodra dit bietjie saai word in jou bestaan, gou iets uitgooi media toe? Wat wil jy nou eintlik hê? Jy was OOK nie tevrede toe jou ouma jou finaal verwyder het nie, toe is jou mond ook dik. Word groot man!

Sarel ·

Verskil is die Lady kan nie sonder die Limelight nie. Sy soek gedurig aandag

Boeing ·

Twee van die grootste skandes op die koningshuis van Britanje.

Chantel ·

Ek het January 2020 iets gelees van hierdie twee, maar hierdie het my aandag getrek. Hulle maak my siek. Sy ou vroutjie weet ook nie wat sy nou wil he nie. Daar is baie Hollywood paartjies wat hulle privaat lewe mooi uit die media hou, duidelik is dit nie iets wat hulle goed doen nie.
Ek voel net as hulle dan nou afstand gedoen het van die hulle ampte, hoekom noem mense hulle nogsteeds daarop.

PersHeks ·

Die arme Megan wat so die maag vashou … ek verstaan nie eintlik nie … is sy bang niemand sien dit raak nie of wat. Ek hou van hulle maar sy gee my regtig ‘n pyn met die hand op of onder die maag!!!

Natasha67 ·

Dit is die eerste ding wat ek gesien het, maak my naar.

AH ·

Ek stem saam. Dit is asof sy wil aandag vestig op die magie soos wat sy met haar eerste swangerskap ook gedoen het! Dit is onnodig! Almal weet sy is swanger, sy hoef nie heeltyd die magie vas te hou nie! Die baba sal nie uitval nie!

Veronika ·

Jy “vlug” van die Britse media, maar kan ook maar nie wag vir publisiteit in Amerika nie?? Dan moet jy mos geheel en al iewers gaan wegkruip het waar niemand ooit weer iets van julle kon weet nie, jy sal ‘n aandag vraat bly! Vader behoede jou dat jy weer eendag moet terugkruip Engeland toe….

Elmarie ·

Ek dink net nie Me Markle moet haarself enigsins in dieselfde asem noem as Prinses Diana, jy kom nie naby haar nie ou girl. Sy het wetlik ‘n verskil gemaak en haar toegelê op goeie dinge doen

Moedeloos ·

Dis baie jammer dat Harry hom aan die neus laat lei deur vroulief. Ek is seker dit is sy wat nie septer swaai in daai huis. Ek gun hul privaatheid maar elkeen het sy eie manier van privaatheid. Hoekom kry Kate dit reg om haar kinders te beskerm en tog ook aan die media bloot te stel. Leer hul van kleinsaf wat is reg en wat is verkeerd. Ek dink net Diane het nie die ondersteuning gehad wat Kate het nie en Meghan het ook nie die ondersteuning van haar familie nie. Diane het eintlik die pad vir haar kinders oopgemaak om meer menslik en huislik op te tree. Jammer dat Harry dit nie so wil insien nie.

Mieke ·

En ek is siek vir al die mense wat staan en oordeel en hulle eie oningeligte gevolgtrekkings maak van nuus wat 10:1 nie eers waar was nie. Niemand kan met sekerheid op vandag se nuusberugte staatmaak nie – dis dikwels valse nuus. Los die tweetjies uit en gaan aan met jou eie lewe!!

AH ·

Die twee weerspreek hulself daagliks. Hulle wil uit die publieke oog wees, maar wil ook so ver moontlik “raakgesien” word. Tipiese twee bedorwe brokkies. Ek is jammer dat Harry toelaat dat vroulief hom so oorheers dat hy nie meer trots is op wie en wat hy werklik is nie en nou liewer ‘n “gewone” man en pa wil wees. Hy sal nooit “gewoon” wees nie. Hy is immers ‘n opregte, bloubloed prins. Dat hy sy erfreg so opsystoot asof dit niks is nie en dit vir ‘n vrou wat nie eens in dieselfde sin as Diana genoem behoort te word nie, maak seker sy ouma en familie baie hartseer.

pokkel ·

haai sies watse nare kommentare en dan sit jul Sondag voor in die kerk, ek persoonlik dink nou weer dis fantasties dat hul besef het “royals” is net gewone mense met belaglike titels

Jax ·

Ag asseblief. Dis al wat hulle nog die heeltyd doen – roep die pers nader en maak geld uit al die gemors wat hulle wil uiter. Harry se ma sou beslis nie sy stupid keuses goedgekeur het nie. Hy moet bietjie terug staan en kyk wat hy werklik nou aanvang: bemagtig n vrou om dit wat sy ouma en oor-groot ouers opgebou het. Werklik swak! Ek hoop die hele wêreld boycott die stupid Oprah show. Bulldinges wat ander se lewens en harde werk in sy dinges stuur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.