Harry en Meghan gestroop van titel, koninklike toelaag

Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex. (Foto: Instagram)

Harry en Meghan moet hul titel as Sy en Haar Koninklike Hoogheid laat vaar en het nie meer toegang tot die koninklike toelaag nie.

So sê Buckingham-paleis Saterdag in ʼn verklaring. Die koninklikes is die afgelope maand in diep gesprekke gewikkel, nadat Harry en Meghan aangekondig het hulle wil graag terugtree as senior lede van die koninklike familie en finansieel onafhanklik wees.

Volgens Sky News beteken die jongste besluit dat dié paartjie nou slegs bekend sal staan as die hertog en hertogin van Sussex. Harry bly egter steeds ʼn prins. Dié stap is soortgelyk aan die reëling wat getref is nadat Harry se ma, prinses Diana, van sy pa, Charles, geskei het. Volgens Sky News sal die egpaar ook die £2,4 miljoen van belastingbetalersgeld wat gebruik is om Frogmore Cottage op te knap, terugbetaal. Hulle sal dié huis steeds gebruik wanneer hulle in Engeland is, maar sal na verwagting meer tyd in Noord-Amerika deurbring.

In ʼn verklaring wat die koningin Saterdag uitgereik het, sê sy sy is bly dat hulle uiteindelik, ná maande lange samesprekings, ʼn konstruktiewe oplossing kon kry vir haar kleinseun en sy gesin om vorentoe te beweeg.

“Harry, Meghan en Archie sal altyd geliefde lede van my familie wees. Ek erken die uitdagings wat hulle die afgelope twee jaar moes oorkom weens die intense aandag vanaf die publiek en ondersteun hul besluit om meer onafhanklik te leef,” lui die verklaring.

Die koningin het hulle bedank vir hul werk in Brittanje asook in die hele Statebond. “Ek wil veral vir Meghan gelukwens dat sy so vinnig by die familie ingepas het. Dit is my hele familie se wens dat vandag se besluit hulle sal toelaat om ʼn nuwe, gelukkige en vreedsame nuwe lewe te bou.”

Aanhangers van die koninklikes en inwoners van Brittanje het heftig op die nuus op sosiale media gereageer. “Dit het nie lank gevat om Harry van sy familie af weg te skeur nie,” skryf een sosialemediagebruiker. ʼn Ander het die hoop uitgespreek dat belastingbetalers nie vir die paartjie se sekerheidsmaatreëls sal betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

John ·

Die twee sit. Kanadese voel oor die algemeen dat hulle nie vir die onderhoud en veiligheid van die nuwe migrante gaan opdok nie. Megan calls the tune en die liedjie begin op ‘n vals noot. Daarby wag ‘n hofsaak wat haar pa kan betrek. As jy wintie met jou ouers is, gaan die dwarrel jou skep…

Johanna Botha ·

So gooi sy die monargie om ver ….waar hulle gaan volg moeilikheid en onmin !

Linda ·

Dis mos wat Meghan wou he ! Kanada het ook hierdie week in hul grootste koerant gepubliseer dat as hulle nie gestroop word van hul titels nie, dan is hulle nie welkom in Kanada nie, want dit is n groot sekeriteitsrisiko en Kanada is nie verplig om vir hulle sekeriteit te betaal nie !!! Nou kan hulle in Kanada gaan bly en werk nes enige ander burger daar !!!

Frans C ·

Daar word nie verniet geseWhat Meghan wants is what Meghan gets”

Caby ·

As Meghan dan nou so vinnig aangepas het, hoekom waai sy? Ek dink dit is eerder ‘n geval van sy het nooit aangepas nie! Hoe nou?

Rupert Ashford ·

Hy sal terugkom binne die volgende 5 jaar…wanneer sy klaar is met hom.

Ig ·

Monargie is n mors van geld, hulle moet werk soos elke normale mens. Ek dink die volgende keer wat Harry gaan sweet van werk sal die eerste keer wes

James ·

Die wiel gaan draai en dan lag die Britte die laaste.
Ek hoop Trump keer dat sy weer Amerika toe gaan.
Hulle gaan nog landloos wees.

KOBUS SMITH. ·

HARRY WAS DAREM IN DIE BRITSE WEERMAG EN HET 2 TOERE NA AFGHANISTAN GEDOEN. DIS MEER AS WAT BAIE VAN DIE MENSE, WAT SO LEKKER KOMMENTAAR LEWER, AL IN HUL LEWENS GEDOEN HET.

Neels ·

HARRY MOET WEER BY DIE ARMY AANSLUIT!!!!! DIE RES VAN ONS SUFFER OOK OM TE OORLEEF.

Feite ·

“Agter elke man staan daar n vrou”! N mens kan die twee maar net sterkte en voorspoed toewens en hoop dat hulle babbel nie gaan bars nie, want hierdie is alles toe te skryf aan emosionele jaloesie, sensitiwiteit, kinderagtigheid en onaanpasbaarheid. Dit wat die belofte van n goeie sprokie in gehou het kan vorentoe maklik in n nagmerrie ontaard vir beide Harry en Meghan!

Johan Venter ·

Dan wondewr mens wat hou die toekoms vir Archie in?

The Duke and Duchess of Sussex have named their baby son Archie Harrison Mountbatten-Windsor. Archie does not have any British royal connotations – and Harrison too is a totally new name for the Royal Family.

Archie means “genuine”, “bold” or “brave” – and is more popular in Britain than the US. It was originally a shortened form of Archibald but is now often used as a name on its own.

Mountbatten-Windsor is the surname which was created in 1960, combining the surnames of the Queen and Prince Philip when they married. The double-barrelled name was a concession to the Duke of Edinburgh, who was said to have complained that his children would not bear his name.

Royal author Penny Junor said she thinks the Duke of Edinburgh would be “absolutely thrilled” with his surname being used. “Prince Philip was never allowed to call his children by his own surname,” she said. “I think that’s a really nice tribute to Harry’s grandfather.”

So daar moet redelik teleurstelling oor die huidige toedrag van sake wees.

Johan Venter ·

Hierdie, soos elders berig, vertel nog ‘n storie van die sage:

“The Queen is reported to be very sad that she has barely seen Archie since he was born eight months ago and that she has not seen him at all this.”

Penellope Jones ·

Sy het hom presies waar sy hom wou gehad het.
Sy swaai die septer en hy spring so hoog as wat sy dit verkies, en wanneer.

Stem ·

‘n Vrou kan ‘n man maak of breek……. Mens is regtig geneig om te glo dit kom van haar af. Ek is bitterlik jammer dat Harry se verhouding met William en Catherine versuur het. Hulle was die beste van vriende.
Ek hou van die koninklikes en hoop dit bly voortbestaan. Sou graag wou sien dat William koning terwyl hulle nog jonk is. Hy en sy lieflike vrou op die troon.

Robin Hood ·

Jip, hulle kan maar gerus vir Charles oorslaan. En die wêreld sal mal gaan as William op ‘n relatief jong ouderdom oorvat. ‘n Koning vir ‘n slag! En nie iemand wat nie verstok is nie.

cathy ·

Sowat van suurbekke het ek nog nooit gehoor nie. Die Britse Monargie dien seker maar ‘n doel vir die britte maar vir Harry en Meghan is daar nie regtig ‘n “toekoms” daar nie. Gun hulle hulle lewe. Dis nie Meghan wat noodwendig vir Harry beinvloed nie… onthou sy Mamma wat haar lewe verloor het …. so ek dink hy wil ook maar eerder ‘n normale lewe gehad het. Ek dink Diana sou trots op hulle gewees het. En die res van julle, rerig bly julle ken die twee persoonlik en kan sommer judge, jury and executioner probeer speel.

Nee ·

Hulle wou hulle titels gebruik om geld te maak, het die koningin sleg behandel deur voortydig die nuus bekend te maak dat hulle “terugtree”. Harry en Megan se gewildheid het met 22% oornag geval in die UK na die aankondiging. Hulle wil koninklikkes wees SONDER om enige werk te doen. In Kanada is hulle reeds bitter ongewild. Mense begin praat oor hoe Harry in ‘n “entitled” egoistiese mens begin verander na sy troue met Megan. Sy is glad nie gewild nie en sover sy gaan word sy al hoe meer ongewild. Haar eie vriendkring beweer sy het Harry net gevang oor sy titel, en sy het gespog dat sy dit gaan doen voor hulle ‘n “item” was. Uhm nee, ons is NIE suur nie, ons lees en hoor net van verskeie bronne af dat sy die vlieg in die salf is van dag 1 af.

Linda ·

Ek glo en vertrou dat Amerika, Kanada en die res van die wereld na Meghan en Harry sal omsien, en dat hierdie twee mense naderhand beter af sal wees as die sogenaamde ‘Royals’ van Brittanje !

Linda ·

Harry het die REGTE besluit geneem om sy HART te volg, in plaas van n klomp titels en geld ! Wel gedaan Harry !!!!

Prinses ·

Linda, ek stem 100% saam met jou! Ek het nog altyd van hierdie outjie se waagmoed gehou; wys net, hy is toe ook maar net ‘n mens…

Martin ·

Die Britse Monargie kan gerus tot niet gaan, so outyds en uit die mode as wat kan kom. Mors defnitief belasting geld en doen boggerol daarvoor. Het geen se in die land se doen en late meer nie.

bokka ·

Gaan die koninklike familie hom met ope arms terugontvang as die huwelik sou verbrokkel? Geweldige kans wat hy gevat het om al die finansiele voordele prys te gee. Ek sou dit nie gedoen het nie, vir geen vrou nie.

Stem ·

Iemand bo sê Trump moet hul weier. Kanada is onder Britse bestuur dan nie?
Die ander bekommernis is blykbaar hul veiligheid. Het hulle regtig veiligheidswagte nodig?
Die mense is ook maar in ‘n andersoortige gevangenis gebore. Kry hulle eintlik jammer.

Frik ·

Volgens die Britse media kos die koninglikes die belastingbetaler tussen £350 miljoen en £380 miljoen per jaar. Die koninglikes dra jaarliks sowat £500 miljoen by tot die skatkis, wat insluit belasting vir sakeaktiwiteite soos boerdery, huur van kastele wat aan die staat behoort en gebruik van artikels soos kroonjuwele. Hulle toerismewaarde is £1800 miljoen per jaar. Die gewone Brit gee nie ‘n snars om vir die koninglikes nie. Hulle is wel pragmaties en is onseker oor watter tipe stelsel sal die koninglikes vervang. Te oordeel aan Brexit sal dit seker 100 jaar neem om ‘n republiek te vestig.

wraggies ·

Wonder wat van hulle “African Dream” geword het, een trippie Kaap toe en dis iets van die verlede.

Africa is not for sissies ·

Die Kaap is nou meer Hollangs as Hollands.

Deon ·

Ek haal my hoed af vir Harry en Meghan dat hulle die “guts” het om op hulle bene te staan en self vir hulle inkomste te werk. Die ander lot konninglkkes teer net op die belasting betaler se geld. Harry en Meghan ek wêns julle alles van die beste toe.

Celia Tjaden ·

Sjoe!
Hulle wil net normale lewens he. Vrywees.
Hul kinders normaal grootmaak. NORMAAL!
Ek was nognooit n fan van die koningshuis nie. Maar nou respekteer ek die twee. Harry wil werk en kies om nie op belastingbetaligbetalers te teer nie. Hy s ook nie lui nie- dit hy het al bewys.Skaam julle om hul lewens en huwelik so te verdoem. Archie sal gelukkig grootword en n normale lewe he. Ek sou dieselfde gedoen het. So ver as moontlik wegkom van dai “queen” wat baasspeel oor almal.
Wens hulle geluk en die beste toe.

Amanda ·

Wel gedaan Harry en Meghan. Geld kan nie liefde en geluk koop nie. Koningin Elizabeth se eie seun, Edward en sy gesin het gekies om nie in die kollig te wees nie en hulle het dit nou al vir baie jare reg gekry. Edward het net nie so extreme gegaan nie maar dit wys jou net, geld kan nie alles koop nie. En… Meghan het alreeds n rol in n nuwe TV reeks aanvaar. Daar is darem hul eerste “eie” inkomse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.