Harry en Meghan: Paleis is ‘hartseer’

Harry en Meghan se onderhoud het ‘n groot opskudding veroorsaak. (Foto: Ben Stansall/AFP)

Koningin Elizabeth II het Dinsdagaand gereageer op kwetsende bewerings van rassisme deur haar kleinseun, prins Harry en sy vrou, Meghan.

“Die hele familie is hartseer om te hoor van die volle omvang van hoe uitdagend die laaste paar jaar vir Harry en Meghan was,” het die koningin in ʼn verklaring gesê.

“Die kwessies wat geopper is, veral dié oor ras, is kommerwekkend. Hoewel herinneringe kan verskil, word dit baie ernstig opgeneem en sal dit privaat deur die familie hanteer word.

“Harry, Meghan en Archie sal altyd baie geliefde familielede bly.”

Buckingham-paleis was onder toenemende druk om te reageer op die bewerings wat gemaak is in die onderhoud met Oprah Winfrey. Dit is Sondag vir die eerste keer uitgesaai en het ʼn krisis vir die familie veroorsaak wat laas in die 1990’s met die dood van Harry se ma, Diana, gesien is.

Die onderhoud het heelwat bespiegeling ontlok oor die senior koninklike wat voor die geboorte van hul seun gevra het hoe donker sy vel sou wees. Meghan, wie se ma swart en pa wit is, het ook gepraat oor haal selfdoodgedagtes, asook dat sy geen steun gedurende haar tyd in die koninklike familie ontvang het nie.

Winfrey was stomgeslaan deur die bewering van rassisme wat glo ʼn oproer in die paleis veroorsaak het – en ʼn geskarrel oor wat die beste manier is om dit te hanteer.

Prins Harry en sy vrou Meghan tydens hul onderhoud met Oprah Winfrey. (Foto: Joe Puugliese/Harpo Productions/AFP)

Prins Charles, Harry se pa en die troonopvolger, het vroeër – tydens sy eerste openbare verskyning sedert die herrie losgebars het – ʼn vraag oor wat hy van die onderhoud gedink het, geïgnoreer.

ʼn YouGov-meningsopname wat ná die onderhoud op Britse televisie onder 4 656 mense gedoen is, het gewys dat byna ʼn derde van mense gedink het die paartjie is onregverdig behandel, byna dieselfde persentasie as diegene wat die teenoorgestelde glo. Ouer mense is meer geneig om hulle by die koninklike familie te skaar, het die opname bevind.

Harry en Meghan se onthullings is vergelyk met ʼn bom wat op Brittanje se bekendste familie en een van sy mees gerespekteerde instellings laat val is. Hierdie vlak van omstredenheid is nie gesien sedert die baie openbare ineenstorting van prins Charles en Diana se huwelik nie.

Prinses Diana (Foto: Kensington-paleis)

Diana het in 1992 saam met die skrywer Andrew Morton gewerk aan ʼn onthullende biografie en het in 1995 ʼn onderhoud aan die BBC toegestaan wat groot opslae gemaak het. In die onderhoud sê sy dat sy en prins Charles ontrou was, dat hy nie geskik is om koning te wees nie en dat sy geïsoleerd gevoel het terwyl sy met onder meer met bulimie gesukkel het.

Morton het gesê Harry en Meghan se bewerings gaan deur die geslagte gevoel word op dieselfde manier wat Diana sʼn gedoen het.

Meghan se vervreemde pa, Thomas Markle, het egter die koninklikes verdedig en gesê hy hoop die opmerking oor velkleur was “net ʼn dom vraag”.

“Dit kan so eenvoudig wees, dit kan iemand wees wat ʼn dom vraag vra, eerder as om ʼn blote rassis te wees,” het hy aan die Britse ITV gesê.

Miljoene mense kyk

Net meer as 17 miljoen het Sondagaand na Winfrey se twee uur lange onderhoud met Harry en Meghan op die Amerikaanse uitsaaier CBS gekyk. Meer as 11 miljoen mense het daarna op ITV ingeskakel om dit in Brittanje te kyk.

Die paartjie het die koninklike lewe verlede jaar op dramatiese wyse vaarwel toegeroep en woon nou in Kalifornië met hul jong seun, Archie. Hulle verwag later vanjaar ʼn dogtertjie.

Harry (36) het erken dat sy ma se dood in Parys in 1997 – sy het gesterf in ʼn jaagtog om van die paparazzi weg te kom – sy geestesgesondheid geraak en sy siening van die media beïnvloed het.

Die Britse TV-aanbieder Piers Morgan het bedank weens sy opmerkings oor die onderhoud. (Foto: Valerie Macon/AFP)

Hy en Meghan (39) het koerante van rasstereoptipering beskuldig, veral gesien in die lig van hul nuusdekking van Harry se skoonsuster, Kate, wat wit is. Dit was egter hulle opmerkings op die versmorende struktuur van die koninklike lewe en bewering van ongenaakbare houding wat groter implikasies vir die monargie het, asook vir dít waarvoor dit staan.

Intussen het die Britse TV-aanbieder Piers Morgan, wat Meghan daarvan beskuldig het dat sy die bewerings versin het, Dinsdag bedank. Meer as 41 000 klagtes oor sy opmerkings is aanhangig gemaak.

Nie die koningin, nou 94 jaar oud, of haar 99-jarige man, prins Philip, het die rassistiese opmerking gemaak nie, het Winfrey aan CBS gesê.

Dit kan egter steeds groot skade berokken omdat die monarg die hoof van die Statebond is, ʼn organisasie wat bestaan uit 54 hoofsaaklik voormalige Britse kolonies, talle daarvan in Afrika. Massa-immigrasie het Brittanje verander sedert die koningin in 1952 aan bewind gekom het en al hoe meer mense definieer hulself as van byvoorbeeld gemengde afkoms.

Die geskiedkundige David Olusoga het in The Guardian geskryf Harry en Meghan se bewerings is “nie net ʼn krisis vir die koninklike familie nie, maar vir Brittanje self”.

Harry het self al ʼn rassistiese opmerking teen ʼn voormalige weermagkollega gemaak en is jare gelede by ʼn partytjie afgeneem in ʼn Nazi-soldaat se uniform.

Hy het egter gesê hy het die kwessie getakel nadat hy Meghan ontmoet het, en staan nou projekte voor wat rassisme beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Francois ·

Ag asseblief. Dis deesdae so maklik om die raskaart te speel as dinge nie in jou guns is

MakersMark ·

Presies veral onder die rykstes en mees bevoorregtes. Kyk musiek en sportwêreld elke tweede biljoener is ingedoen erens en buig die knie………

Eiervrug ·

Megan praat snert. Watter regdenkende mens sal vra hoe donker jou ongebore baba sal wees???. Dit is mos nie iets wat jy voor die tyd sal weet nie?? Dis soos om te vra watter kleur jou ongebore baba se hare eendag gaan wees…

tweeling ·

Lees maar net bietjie meer publikasies dan sal jy sien hoe daar oor Serena Williams se baba se velkleur gespot is

boetieboude ·

Hoe weet jy sy praat snert. Hul sal mos nie so iets uit hul duim suig nie. Het jy na die onderhoud gekyk, soos in fisies gekyk? Dink nie enige iemand kan saam praat as jy nie self daar was nie. Sy het nie een negatiewe ding oor enige “koninklike” gesê nie, maar wel oor die “firm” wat eintlik alles beheer.

MakersMark ·

Niks verkeerd met die vraag nie. So ver ek onthou is die britse koningshuis blank.

Jakes ·

Ek dink dat hierdie bewerings wat deur Harry en Meghan gemaak word, n storm in n teekoppie is. Dit is elke mens se demokratiese reg om hul eie mening te lug ten opsigte van velkleur. Niemand kan n ander persoon dwing om n spesifieke mening te huldig oor sensitiewe sake nie. Hou maar vir Harry en Meghan dop en dan praat ons oor n jaar weer.

Natasha ·

Mense wat geen benul het wat dit is om deur die media gejag te word nie is baie veroordelend. Hulle doem die media vir Diana se dood, maar doem Meghan vir die media. Dubbele standaarde is dit nie? Wat ek sien deur die hele debakel is ‘n man wat opgestaan het vir sy vrou en sy familie wil beskerm ongeag wie reg of verkeerd is, hy doen die eerbare ding. Niemand buiten die koninklikes weet wat werklike daar aangaan of waaraan iemand onderwerp word om deel te wees van hulle vriende of familie nie. Ek wens mense wil ophou om so ongelooflik negatief te wees en net blatant te glo sonder om ondersoek in te stel nie.

Mieke ·

Natasha ek stem saam met jou! Die sosiale media het baie gedoen om Meghan in ’n baie swak lig te stel. Haar privaatheid is ongevraag misken en leuen op leuen is aan die oubliek verkoop – en geglo.

LANA is ELANè ·

Dat een enkele mens soveel mag het om ‘n eeu oue monargie se aansien op so agteraf manier in flarde te skeur, gaan my verstand te bowe.
‘n Mens sou dink dat sy haar probleme deur die regte kanale sou opper, maar nee, waarom as jy miljoene en miljoene mense voor hul tv stel kan laat sit en “drool” terwyl daar vuil wasgoed in die openbaar gewas word.
Die vrou dink die monargie is ‘n stel van die een of ander reeks waarin sy en haar man die selfaangestelde hoofrolle vertolk. Maar ek het dan vergeet hulle het juis padgegee uit die Britse Koningshuis agv die oormaat van mediadekking rondom hulle sg baie private lewe net om groot te kan gaan in die VSA. Shame!

Althes ·

Goeie punt. Hul wou wegkom van die media se aandag af, maar plaas nou uit eie keuse hulself direk in die kollig. Dubbele standaarde.

Mieke ·

Daar’s ‘n groot verskil om ‘n willekeurige onderhoud te voer met iemand en ongelisesieerde inbraak op mens se privaatheid. Niemand verdien om ongenooide inmenging te moet verduur nie, veral wanneer alles (100%?) versin word. Kan iemand net sleg wees? Dis wat sosiale media aanvoer. Ek glo dit nie.

Lindi ·

Hulle geld is klaar. Hulle is ‘n astronomiese bedrag betaal vir die onderhoud.

boetieboude ·

Het jy na die onderhoud gekyk, soos in fisies gekyk? Sy het nie een keer enige koninklike sleg gesê of te na gekom nie. Ek dink nie enige een van ons kan ‘n eier lê as ons nie self in enige een van daai mense se skoene staan nie. En die sogenaamde monargie word deur die “firm” beheer – eintlik het die koninklikes nie eers ‘n sê nie. As jy a die onderhoud gekyk het sou jy dit gehoor het.

Daleen ·

Elke saak het twee kante…. Al wat ek wil se is uit my oogpunt vandat Meghan by die koninlikes betrokke geraak het het sy net drama veroorsaak met haar eie familie, nou met die koninlikes. Miskien moet die vrou net ophou om drama te soek en dan as sy kry daaroor te huil. Sou hulle net so ongelukkig gewees het as iemand gevra het dink julle die kind gaan rooi hare he

tweeling ·

En die rede hoekom daar drama was is omdat sy nie een van die “chosen” is nie. Die monarg en haar familie is neus in die lug mense en soek nie ander tipes nie. As die koninklikes begin werk vir hulle geld en nie so op die land en sy mense lê nie, wat geld betref, dan sal dinge anders lyk. Die land word in elk geval deur die regering gedryf, waarvan die monargie nie deel is nie,

Vernon ·

Wel hulle het geweet waarvoor hulself inlaat voor die troue en die geboorte van hul kind,vat dit nou maar en hou op tjank!

boetieboude ·

Duidelik het jy nie na die onderhoud gekyk nie ……. want dan sou jy geweet het dat sy nie ‘n idee gehad het waarvoor sy haarself inlaat nie.

Jacobus ·

Jammer oor Piers – sy kommentare is skerp en tot die punt soos altyd.

Johann ·

En die mensDOM hang aan elke woord? Look at me…now look at ME….I have issues and crave attention…o and by way make couple of pounds from my “interview”…..KLUG!

boetieboude ·

As jy na die onderhoud gekyk het sou jy gesien het hulle kry nie ‘n sent daarvoor nie.

Judge ·

Interresant on te sien hoeveel Afrikaners is geinterreseerd in Britse monargie. Veral gesien in die rol wat hul gespeel het in Anglo-boere oorloe. Oom Siener het gese die britse monargie gaan ten gronde gaan. Good riddance to bad ru…

Rooikoos ·

Ek kon dit nie beter stel nie. Die hele lot het veroorsaak dat duisende boer vroue en kinders dood gemartel was!

Daleen ·

Judge miskien hou meeste van ons net nie grudges soos jy, Anc, Eff en baie ander rassistiese bewegings wat nog steeds alle wittes vir apartheid blameer nie. Dieselfde mindset.

MakersMark ·

Hemel so moeg vir Siener se stories het hy voorspel dat daar vandag beurtkrag in my area gaan wees? Dis wereldklas snert.

donsie ·

Hy lyk vir my heel wit, gaan kyk op google na sy foto’s. Sy kinders sal dalk eendag gekleurd wees.

tweeling ·

So wat daarvan, gaan kyk hoeveel ligte kleurling kinders rondloop.

MakersMark ·

Nog steeds gekleurd pas nie by die britse koningshuis nie al 1200 jaar blank. Kyk hoe lyk europese koningshuise kyk hoe lyk Afrika koninghuise.

Connie ·

Jip hier is n storm oppad, wonder hoe lank gaan die koninklikes nog staan met al die snert wat nou kop uitsteek.

Botterblommetjie ·

Megan se broer het reg voorspel…. haar beste toneelstuk nog… haar “self-worth” het verval in haar “self-esteem”… Hoeveel geld kry hulle vir die onderhoud? Ek sou nie Diana (wie se man haar verneuk het en afgebreek het) met Megan vergelyk nie, dit sou inheterend ‘n belediging vir Diana wees… probleem is, sommig mens voel nie goed in hulle eie vel nie en gee ander die skuld daarvoor nou wil sy haar eie selfbeeld projekteer op ander omdat sy soos ‘n bedorwe brokkie nie haar sin kry nie… Tantrum/dramaqueen… Met ‘n studie oor mense wat immigreer is bewys dat mens met bv. angs ens. steeds dieselfde gevoelens beleef in ‘n ander plek/land, want dit is deel van hulle. Megan het dit nou bewys…Sy het ‘n nuwe “lewe”, “vryheid” ens. maar hak nogsteeds vas… dit is deel van haar… “wie sy is”.. Sy moet al die oortollige energie op haar kind en man spandeer en ook ‘n stokperdjie kry om haar Psige te verbeter…

Andrew ·

Die nuwe kardashians. Ek sien die een skei nou.

Gee die ding n paar jaar. Die twee kort geld en wil “socialite” welsein insamelaars word (mense wat baie geld betaal word om geld vir armes in te samel) , terwyl hulle self baie goed lewe en tussen ryke’s (meestal white opressors noggals) .

beste is om die twee geen aandag te gee nie. Iets in die lyn van die cancel culture wat die britse tv aanbieder aangevat het. Shoe 61 duisend uit hoeveel miljoen wat na hom kyk?

En Harry. Vroer met sy Nazi uniform? Hy was dik op dwelm en drank voor hy weermag toe was so ja, hy is maar rebels en die lyk maar net soos nog n tantrum. Hoor hom, hy beveg nie rassisme nie hy staan projekte voor wat rassisme beveg?

Vlooitjie ·

Ai, die beheptheid met wat in ander se lewens aangaan. Ons het genoeg moeilikheid in SA om oor wakker te lê.

Elmarie ·

Nou – Harry het voorheen rassistiese opmerkings gemaak vlg bogenoemde artikel plus die nazi uniform. So dit kan vergewe word maar ‘n, ek glo, heel onskuldige vraag sonder bybedoelings, oor die baba se velkleur word aan die groot klok gehang. Don’t bite the hand that feeds you. Ai in hierdie tye wat almal so swaarkry moet mens saamstaan en mekaar probeer help en vergewe maar hulle karring en karring nes ‘n muis op ‘n wieletjie…

Annelize ·

Dis ‘n absolute skande dat die twee hulle vuil wasgoed so in die openbaar was. Dit wys jou net, geld kan baie dinge koop, maar klas en styl, is nie een van daai dinge nie.

Inkpot ·

Mense mag dus wonder wat die kleur van die baba se oe en hare gaan wees, na wie die baba gaan lyk ens, tog net nie wat die velkleur gaan wees nie, in die geval ‘n baie logiese vraag.
Meaghan pas nie in die monargie soos Kate nie, nie oor haar velkleur nie, maar bloot omdat sy haarself te belangrik ag .
Sy is ‘n aktrise wat haar rol voor die kamera oortuigend kan speel.
Die opmerking van ‘n Britse joernalis dat Harry en Meaghan hulself aan die media opdring, slaan die spyker op die kop.

Mieke ·

As mens onthou hoe prinses Diana behandel is en hoe alles geëindig het…. dan kan ek my goed voorstel hoe Meghan behandel is.

Inkpot ·

Meaghan se optrede spreek boekdele.
Sy is die enigste een wat nie met haar familie oor die weg kom nie, terwyl die res heel goed klaarkom.
Sy en haar pa is kwaaivriende, haar broers en susters kom haar te na.
Sy het paleis personeel geboelie, sy en Kate kom nie oor die weg nie, sy het ‘n wig tussen Harry en William gedryf , wat nog!

Blikkies ·

Sou dit dieselfede reaksie uitgelok het as die persoon gevra het ‘ hoe wit sy vel sou wees?

Snowball ·

En die wenner is : Meghan Markle – vlekkelose, geviktimiseerde slagoffer van diskriminasie, rassisme en verwerping aan die hande van die ‘white privileged’. Die wêreld aan haar lippe – presies wat sy beoog het, met die ekstra titel van ‘Champion of the Mixed Races’ en almal wat te na gekom voel.
Ver, ver pad gekom, gedraai in een van die oudste monargiëe en dramaties ge-exit soos dit ‘n goeie toneelstuk betaam, so mens kan seker sê ‘well played, girl’.
‘n Spoor van verskeie verminkte en vervreemde familieverhoudings- hare en nou ook Harry s’n – lê in die verlede. Al wat oorbly is om te sien of sy die toets van tyd gaan deurstaan.
Kry net so die gevoel dat (idillies soos dit lyk) die stappies op die strand en die ‘designer’ hoenderhok nie eintlik die groot ambisie gaan bevredig nie.

Sarel ·

Meagan kla oor die Media maar orsls wasr sy gaan soek sy die Media op. Sy het nie genoeg azndag in Kanada gekry nie toe hardloop sy Amerika.
Sy is net so min.lus vir stil familie lewe as wie weet wie.
Sy gee nie om nue solznk sy aandag kry wznt vir haar is aandag geld en roem. St was onbekende Amerikaznse aktrise en nou is sy wereldbekend en glimlag al die pad..Kyk na Harry…wanneer laas het jy hom sien glimlag maar sy is baie gelukkig. Sy is verslaaf aan Media aandag.
Dit is die verskil Diana het gevlug vir die Media hierdie een hardloop na die Media en dan.kla sy .Nie eers respek vir ‘n 99 jarige Prons Phillip nie.. Maar die skoen gaan val. Harry wel lhk my aardna sy pa..jy edn keer ‘n vrou lidf gekry het dan klou jy.

MakersMark ·

Snaakste was ou Harry daar in die hoenderhok……maar nou ja as jy jou by die varke skaar…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.