Harry en Meghan se troudatum bekend

Engeland se Prins Harry en sy verloofde, Meghan Markle, kom by die Nottingham Academy in Nottingham, Engeland aan (1 Desember 2017). Foto: AP Photo/Frank Augstein

Prins Harry en sy verloofde, Meghan Markle, sal op 19 Mei 2018 in die eg verbind word.

Dié datum is Vrydag deur die Kensington-paleis bekendgemaak. Die paleis het ook weer ʼn vroeëre aankondiging bevestig dat die trouseremonie by die St. George-katedraal by Windsor-kasteel sal plaasvind.

Prins Harry (33) en die 36-jarige Amerikaanse aktrise, veral bekend vir haar rol in die TV-drama Suits, het verlede maand amptelik hul verlowing bekendgemaak. Daar is ook bevestig dat koningin Elizabeth, die prins se 91-jarige ouma, die seremonie sal bywoon.

Die troue kom minder as twee jaar nadat die paartjie in Julie 2016 vir die eerste keer ontmoet het.

Markle sal voor die troue gedoop word en in die Kerk van Engeland bevestig word. Sy is van voornemens om ʼn Britse burger te word, maar sal haar Amerikaanse burgerskap behou terwyl die proses voortduur.

Intussen het die Kensington-paleis bevestig dat Markle by koningin Elizabeth en die res van die koninklike familie sal aansluit vir hul Kersviering by die Sandringham-landgoed in Norfolk, 175 km noord van Londen.

Die koninklike familie deel gewoonlik geskenke op Oukersaand uit en woon dan ʼn diens by die St. Mary Magdalene-kerk op Kersdag by, voordat hulle ʼn gala-middagete en soms ʼn uitstappie in die woud saam geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

CB ·

Liewe land KAT. Maroela gee ons asb méér sulke nuus en oortuig SABC stasies om dit uit te saai.

Vergeet ·

Het julle vergeet wat hierdie britse ‘koninklikes’ met ons grootouers gedoen het?

Linda ·

Ag hoe lekker het sy met haar alie in die botter geval! Kan nie wag vir die troue nie! Ek is nou maar ‘n sucker vir die Royals. Wonder of daai een boetie wat met Sarah getroud was nie ‘n Suid-Afrikaanse oujongnooi sal wil trou nie?

Poppie ·

Dit is dalk die afwesigheid van ‘n moederfiguur toe hy haar die nodigste gehad het, dat hy nou ‘n ouer vrou/lewensmaat kies! Hoop maar daar kan baba’s kom?

Poppie ·

Andre, ek praat nie van die ouderdomsverskil tussen hulle nie, hy kon ‘n baie jonger meisie/vrou gekies het. ‘n Vrou bo die ouderdom van 35, se risiko om swanger te word is groter!

Andre Traut ·

Sug….. dis amper 2018. Nie 1910 nie. Al ooit gehoor van moderne wetenskap? Seker nie

Andre Traut ·

En dis nie n risiko om swanger te word nie…. proeflees eerder jou goed voor jy dit post

Mel ·

Dit is nou belaglik om te se n vrou 3 jaar ouer vul die leemte van n moederfiguur..wat nou nog.

Boervrou ·

Genade die mense is katerig gaan dit oor die nuus of om mekaar aan te vat.

Boervrou ·

Ek het op 38 my 4de kind gehad en hy’s n pragtige man van 23 .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.